Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Roald Amundsen se aankoms in Suidpool word herdenk

2011-12-14 14:30
Oslo – Noorweë herdenk Woensdag die honderdste jaar van die ontdekkingsereisiger Roald Amundsen se aankoms by die Suidpool, het RSG berig.

Hy het dit op 14 Desember 1911 bereik toe hy Brittanje se Robert Falcon Scott naelskraap geklop het in die wedloop om die eerste mens te word wat dit regkry.

Jens Stoltenberg, die Noorweegse premier, bevind hom juis in die Suidpool om dié geskiedkundige gebeurtenis te herdenk.

'n Ys-standbeeld van Amundsen word Woensdag by die Amerikaanse navorsingsbasis in die poolgebied onthul.

– Volg Nuus24 op Twitter.

RSG
 
Lees meer oor:    antarktika  |  noorweë  |  herdenkings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)