Moskou – Twee Russiese vlootskepe met seesoldate maak gereed om na Sirië te vertrek om Russiese inwoners en die land se basis daar te beskerm, is Maandag in 'n nuusberig gesê.
Die ontplooiing wys Moskou se groeiende kommer oor die Siriese pres. Bashar Assad se toekoms.
Die nuusagentskap
Interfax het 'n ongeïdentifiseerde Russiese vlootbeampte aangehaal wat gesê het die twee skepe, Nikolai Filchenkov en Caesar Kunikov, sal binnekort na die Siriese hawe van Tartus vertrek, maar het nie 'n presiese datum gegee nie.
Die beampte het gesê 'n onbekende aantal seesoldate sal op die skepe wees om die Russe in Sirië te beskerm en om sommige toerusting uit Tartus te ontruim indien nodig.
Volgens
Interfax kan elk van die skepe 150 seesoldate vervoer en 12 tenkers.
Opposisiegroepe het gesê meer as 14 000 mense is reeds sedert Maart 2011 in Sirië dood.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa - AP