Riyadh – Die Saoedi-Arabiese koning Abdullah het Maandag sy halfbroer, prins Salman, as troonopvolger aangewys ná die dood van kroonprins Nayef, het die staatstelevisie Al-Ekhbariyah bekendgemaak.
Die monargie het Salman as "kroonprins en adjunk-premier" aangewys terwyl hy ook steeds die minister van verdediging gaan wees, het Al-Ekhbariyah berig.
Prins Ahmed bin Abdul Aziz sal as minister van binnelandse sake by Nayef oorneem.
Salman (76) is in Oktober as minister van verdediging aangewys na die dood van Sultan, wat tóé die kroonprins was met Nayef wat as troonopvolger aangewys is.
Dit was Salman se eerste ministeriële pos nadat hy sedert 1962 goewerneur van Riyadh was.
Nayef is Saterdag in Switserland oorlede, het die koninklike familie in 'n verklaring gesê.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa - AFP