Londen – Sewe mans is op aanklag van beweerde terreur-oortredings in hegtenis geneem nadat wapens tydens 'n roetine-ondersoek in hul besit gevind is, het die Britse polisie gesê.
Die Londense speurdiens, Scotland Yard, het gesê die mense is in hegtenis geneem nadat hul voertuig op 30 Junie op die M1-motorweg in Suid-Yorkshire, Engeland, deursoek is.
Volgens die speurdiens is "vuurwapens, gevaarlike wapens en ander materiaal" in die motor versteek. Die polisie het toe die bestuurder, passasier en ander verdagtes opgespoor en in hegtenis geneem.
Drie mans is Dinsdag in hegtenis geneem, drie Woensdag en een man is Donderdag aangekeer.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Sapa - AP