Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Siriese kinders as menslike skilde gebruik

2012-06-12 09:47
Sirië – Troepe in Sirië is daarvan beskuldig dat hulle kinders as menslike skilde gebruik het, het 'n VN-verslag bekendgemaak.

Sommige kinders sê hulle is gedwing om bo-op tenkers te ry en aanvalle deur opposisie-vegters te stop, is in die verslag gesê.

Die VN se spesiale verteenwoordiger vir kinders en gewapende konflik het gesê kinders word in aanhouding gemartel en tydens massamoorde vermoor.

Radhika Coomaraswamy het aan die BBC gesê haar span het met "afgryslike" verslae vanaf Sirië teruggekeer.

Sy het gesê sy het nog nooit 'n soortgelyke situasie gesien waar die lewe van kinders nie gespaar word nie en hulle ook gedurende konflikte geteiken word.

Coomaraswamy het gesê tydens die onlangse massamoorde was kinders onder die ouderdom van 10 ook vermoor.

Die VN se jaarlikse verslag oor kinders en gewapende konflik het gesê tydens 'n aanval op 9 Maart 2012 het ooggetuies gesien hoe verskeie jong kinders uit hul huise geneem is en deur soldate en militia as menslike skilde gebruik is.

Die kinders is tydens die gevegte voor die vensters van busse geplaas wat militêre personeellede vervoer het tydens die inval van die dorp.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    sirië  |  geweld
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)