Beijing – Beijing se openbare toilette mag nie meer as twee vlieë hê nie, volgens nuwe standaarde wat goedgekeur is deur ywerige amptenare wat strewe om China se berugte vuil toilette skoon te hou.
Die ongewone reël het betrekking op toilette in parke, treinstasies, lughawens, hospitale, winkelsentrums en supermarkte in die hoofstad, het die
Beijing News Woensdag berig.
Meer konvensionele vereistes van die munisipale komitee wat in beheer is van die beeld van die stad, sluit in 'n bevel dat daar nie 'n opeenhoping van urine of water in die hoofstad se openbare toilette mag wees nie en dat asblikke nie oorloop nie.
Dit is nie duidelik of badkamers wat nie aan die standaarde voldoen nie gestraf sal word nie, en indien wel, wat die straf sal wees nie.
Beijing het verskeie veldtogte in die verlede geloods om sy openbare toilette te verbeter, veral voor die 2008 Olimpiese Spele.
– Volg Nuus24 op
Twitter