Madrid – Die polisie in die noorde van Spanje het 'n motorbom ontlont wat voor 'n bordeel geplant was, het die plaaslike media Maandag berig.
Vyf gewapende mans het die motor laat Sondag voor Club Paradise in die dorp La Jonquera geparkeer.
Hulle het 'n karwag oor die plofstowwe in die motor ingelig en in 'n tweede voertuig gevlug.
Die polisie het die bordeel ontruim en die bom met die hulp van robotte ontlont.
Die polisie vermoed dit was die werk van bendes in die streek wat veg vir die beheer oor die prostitusie-bedryf.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.