Augusta, Georgia – ‘n Amerikaanse vrou wat gediagnoseer is met ‘n seldsame vleisetende siekte is ná byna twee maande uit ‘n hospitaal ontslaan.
Aimee Copeland is Maandag uit die Doctors-hospitaal ontslaan en die 24-jarige sal na ‘n rehabilitasie-kliniek geskuif word.
Sy sal in die volgende paar weke leer hoe om met behulp van ‘n rolstoel rond te beweeg nadat haar linkerbeen, regtervoet en beide hande geamputeer is.
Copeland, wat ‘n student is by die Universiteit van Wes-Georgia, het die seldsame infeksie opgedoen nadat sy op 1 Mei geval en ‘n diep sny opgedoen het.
Copeland se vinnige herstel het dokters se aanvanklike prognose uitgedaag. Volgens haar pa het dokters aan die begin gesê haar kanse op oorlewing is skraal.
Sy was weke onder verdowing en op ‘n asemhalingmasjien terwyl sy amputasies en veloorplantings ondergaan het.
– Volg Nuus24 op
Twitter
AP