Ankara – Turkye se weermag het Maandag gesê hy het 'n totaal van ses F16-vegvliegtuie in drie afsonderlike insidente gestuur om Siriese helikopters te onderskep wat sy grense genader het.
Die helikopters het egter nie die Turkse lugruim binnegegaan nie.
Die weermag het in 'n verklaring gesê die vegvliegtuie het by die Incirlik-lugmagbasis in die suide van Turkye opgestyg ná helikopters suid van die provinsie Hatay enkele kilometers van die Turkse grens af gevlieg het.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Reuters