Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Twee helikopters stort neer terwyl hulle brand blus

2012-07-02 22:50
Valencia – Een vlieënier is vermis en twee ander is beseer nadat twee helikopters in onverwante voorvalle in die ooste van Spanje neergestort het, het amptenare gesê.

Die ongelukke het Maandag plaasgevind terwyl hulle ‘n veldbrand, wat sedert Donderdag by Cortes de Palla naby Valencia woed,probeer blus het, het ‘n woordvoerder vir die plaaslike nooddienste gesê.

Die eerste helikopter het naby die Forata-reservoir neergestort en die vlieënier word vermis, het sy gesê.

“’n Span is steeds op soek na hom,” het die woordvoerder gesê.

Die tweede helikopter het sowat ‘n halfuur later in die Sierra Martes neergestort, het ‘n woordvoerder vir die sentrale regering se verteenwoordiger in die Aragon-streek, gesê.

“Die twee vlieëniers van daardie helikopter is beseer en is na ‘n hospitaal geneem,” het hy gesê.

Geen verdere besonderhede oor hul toestand was bekend nie.

– Volg Nuus24 op Twitter
  Sapa - AFP
Lees meer oor:    spanje  |  vliegongelukke
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)