Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

VSA stilweg besig om Sirië te verswak

2012-07-23 14:30
Washington – Die Amerikaanse regering probeer stilweg om wapen- en olie-invoere van Iran na Sirië te stop om die val van Siriese president Bashar al-Assad te bespoedig.

Die Wall Street Journal  het Maandag berig dat dié pogings deur die regering daarop gemik is om Irak te dwing om sy lugruim vir vlugte tussen Iran en Sirië te sluit. Amerikaanse intelligensiedienste glo vlugte tussen dié lande bevat wapens vir Siriese pro-regeringsmagte.

Die bewerings kom nadat regeringsmagte in Sirië ‘n aanval op die Damaskus-buurt van Barzeh geloods het. Inwoners van die buurt het dit by die duisende ontruim.

Die SANA nuusagentskap het aangekondig dat regeringsmagte die hoofstad se Qaboon-buurt van rebelle “gereinig” het.

Amerika het ook Sondag bekend gemaak dat dit enige Siriese amptenaar aanspreeklik sal hou as hulle chemiese wapens sou gebruik of vrystel.

Vrese loop hoog in die Weste na bewerings die lig gesien het dat Assad bereid is om sy arsenaal van chemiese wapens te gebruik om sy beleërde regering te red.

Amerika het glo ook probeer om skepe wat olie en wapens vir Sirië dra, te keer dat dit deur die Suez-kanaal gaan.

Een van dié skepe, die Amin, wag huidiglik vir toestemming om die kanaal binne te gaan.

Amerikaanse amptenare is in samesprekings met die Egiptiese regering in ‘n poging om die Amin se pad te blok. Amerika beweer die skip het nie internasionale erkende versekeringspapiere nie.

Amptenare het erken dat ten spyte van hul pogings het van dié skepe al deur geglip na Sirië toe.

– Volg Nuus24 op Twitter
  AFP
Lees meer oor:    amerika  |  siriese opstande
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)