Share

Verkragter wil kastreer word

Leopold Scholtz

In Frankryk het ’n debat oor kastrasie vir kinderverkragters opnuut opgevlam nadat ’n veroordeelde kinderverkragter aangebied het om hom te laat kastreer.

Francis Evrard (63) is reeds agt keer aan seksuele misdrywe – waarvan drie van kinderverkragting – skuldig bevind. Hy staan in Douai in die noorde van Frankryk tereg weens die beweerde ontvoering en verkragting van ’n vyfjarige seun.

Die beweerde misdaad is in 2007 gepleeg, net ses weke nadat hy uit die tronk vrygelaat is.

Hy het pas in die stad Caen 18 jaar van ’n vonnis van 27 jaar weens kinderverkragting uitgedien. Sulke vervroegde vrylatings was destyds algemeen.

’n Storm van verontwaardiging het oor Frankryk gespoel toe dit bekend geword het dat die gevangenisdokters by sy vrylating die ereksiepil Viagra aan hom voorgeskryf het.

Dít ondanks ’n verslag van ’n sielkundige wat gewaarsku het Evrard sal waarskynlik wéér seksmisdade pleeg.

Pres. Nicolas Sarkozy het destyds onmiddellik gereageer deur die stelsel van vervroegde vrylating te beperk.

In 2008 is ’n wet goedgekeur wat chemiese kastrasie – medisyne om die seksdrang te onderdruk – moontlik maak. Maar Evrard het nou ’n brief aan die president geskryf waarin hy aanbied dat sy testikels chirurgies verwyder word.

Dit sal ’n wetsverandering beteken, aangesien egte kastrasie onwettig in Frankryk is.

Michèle Alliot-Marie, minister van justisie, het te kenne gegee sy sal so iets oorweeg.

Evrard het skuld beken.

Hy het aangevoer hy is self as kind gemolesteer.

Mustafa Kocacurt, pa van Enis (nou sewe en ’n half jaar oud), sê Evrard probeer hom nou as ’n martelaar uitbeeld. “Die man is ’n lafaard en ’n pervert.” 

–Beeld
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 510 votes
No! It's time to move on ...
35% - 271 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.42
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
930.00
+0.5%
Palladium
993.00
+0.3%
Gold
2,334.45
+0.1%
Silver
27.49
+0.2%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE