Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Vermeende moordenaar ontvoer Italianer

2012-07-31 13:30
Sanaa – 'n Jemeense man wat verdink word van moord is agter die ontvoering van 'n sekerheidsagent by die Italiaanse ambassade in Sanaa die afgelope naweek, het die ministerie van binnelandse sake op sy webwerf berig.

Die ministerie het laat Maandag gesê Ali Naser Huraidkan, van die Al Jalal-stam in Jemen se oostelike Marib-provinsie, het die Italianer ontvoer.

Hy word nou aangehou deur stamlede wat bekend is vir soortgelyke ontvoerings.

Huraidkan, wat gesoek word vir sy beweerde betrokkenheid in "gevalle van moord en roof," het die Italianer ontvoer om druk op owerhede te plaas om die aanklagte teen hom te laat vaar en om aan hom vergoeding te betaal, het die ministerie gesê.

Owerhede sal werk om die Italianer "so vinnig as moontlik" te bevry, het die ministerie bygevoeg.

Italiaanse mediaberigte Dinsdag het die ontvoerde man geïdentifiseer as ene Alessandro Spadotto, 'n ongetroude 29-jarige. Hy het glo ná sy ontvoering aan 'n familielid 'n SMS gestuur.

– Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    jemen  |  ontvoerings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)