'n Skare het Maandagaand in die straat byeengekom, naby die huis waar Amanda Berry, Gina DeJesus en 'n derde vrou vroeër die dag gevind is. Die identiteit van die derde vrou is nog nie bevestig nie.
Berry het op 21 April 2003 verdwyn toe sy haar suster gebel het om te sê sy kry 'n saamrygeleentheid vanaf Burger King, waar sy gewerk het. DeJesus het 'n jaar later verdwyn toe sy van die skool af huis toe gestap het.
'n Busbestuurder is in verband met die ontvoerings in hegtenis geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter