Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Viëtnam die ergste land vir wildlewe-misdaad

2012-07-23 07:37
Hanoi, Viëtnam – Die bewaringsorganisasie WWF het in 'n verslag gesê Viëtnam is die ergste land vir wildlewe-misdaad.

Die WWF het sy eerste ranglys vrygestel van hoe goed 23 lande in Asië en Afrika vaar om renosters, tiere en olifante te beskerm.

Die organisasie het gesê Viëtnam is die hoofbestemming vir renosterhorings wat vanaf Suid-Afrika gesmokkel word.

Die groep, wat in Switserland gebaseer is, het ook gesê dié land se besluit om tierplase te wettig, ondermyn sy pogings om die onwettige handel in tierprodukte te monitor.

China is na Viëtnam op die lys. Die land word gesien as die wêreld se grootste mark vir onwettige wildleweprodukte. Die bedryf is jaarliks sowat $8 miljoen (sowat R66 miljoen) tot $10 miljoen (sowat R88 miljoen) werd in Suidoos-Asië.

Baie Asiese verbruikers gebruik wildleweprodukte vir medisinale doeleindes.

– Volg Nuus24 op Twitter
SAPA
Lees meer oor:    viëtnam  |  diere
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)