Share

Vrou (84) vas ná sy bejaardes beroof

Sofia – ‘n Vier-en-tagtigjarige vrou van Bulgarye is deur die polisie vasgetrek nadat sy deel was van ‘n kriminele bende wat bejaardes uit hul spaargeld bedrieg het, het plaaslike beamptes Dinsdag gesê.

Die vrou was ‘n tussenganger en het geld vir die bende ingesamel. Hulle sou die slagoffers kontak en beweer dat hulle besig is om ‘n familielid wat in die moeilikheid is te help, het Katya Tabachka, die polisiewoordvoerder in Kyustendil, gesê.

Volgens die polisie het die vrou sedert Desember 3 400 leva (byna R20 000) van drie bejaarde slagoffers ingesamel.

Die laaste voorval het Sondag plaasgevind, toe sy 800 leva by ‘n vrou gekry het wat gedink het die geld kan help dat haar kleinseun nie vervolg word nie nadat hy ‘n kind in ‘n motorongeluk beseer het, het Tabachka gesê.

Die slagoffer het ‘n klag by die polisie ingedien en die verdagte is slegs ure later op heterdaad betrap terwyl sy 2 000 leva by ‘n man geneem het wat die polisie ook voor die tyd in kennis gestel het.

Die polisie is tans op soek na vier ander mense wat deel was van dieselfde komplot, het Tabachka gesê.

Telefoonkomplotte het in 2012 met 30% toegeneem in vergelyking met die vorige jaar, het data van die polisie getoon.

Altesaam 70 kriminele van ses groepe is verlede jaar deur die polisie in hegtenis geneem.

– Volg Nuus24 op Twitter
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Are you among the many South Africans who've added more tinned fish to their grocery baskets?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, pilchards is the new chicken
42% - 524 votes
No, I can't stand canned foods
58% - 736 votes
Vote
Rand - Dollar
18.58
-0.3%
Rand - Pound
23.21
-0.2%
Rand - Euro
19.96
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
977.90
-0.1%
Palladium
956.75
-1.8%
Gold
2,311.07
-0.1%
Silver
27.34
+0.3%
Brent-ruolie
83.16
-0.2%
Top 40
70,939
+0.2%
All Share
77,177
+0.3%
Resource 10
60,903
-0.2%
Industrial 25
107,610
+0.4%
Financial 15
16,775
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE