Londen – Wikileaks het reeds sy eie kletsprogram. Daar is 'n WikiLeaks- sosiale netwerk. Nou kan jy ook gereed maak vir WikiLeaks, die album.
Die omstrede webwerf WikiLeaks betree nou ook die vermaaklikheidswêreld met 'n spesiale album, getiteld
Beat the Blockade, wat uitgereik sal word om geld in te samel om dié diens aan die gang te hou.
Die groep het in 'n verklaring laat Donderdag aangekondig dat die CD 12 snitte sal hê, wat insluit die liedjies "Where There Are No Secrets," "The Ballad of Julian Assange," en "B Manning."
Dit is die jongste projek van WikiLeaks, wat hom die gramskap van verskeie regerings op die hals gehaal het as gevolg van die staatsgeheime en vertroulike dokumente wat die groep op sy webwerf vrygestel het.
'n Televisieprogram,
The World Tomorrow, en 'n spesiale sosiale netwerk, Friends of WikiLeaks, is ook vroeër bekendgestel.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa - AP