Nuus24

Zim vier nie fees in Kerstyd

2012-12-25 07:29
Kaapstad – Zimbabwiërs staar 'n droewige Kerstyd in die gesig te midde van toenemende armoede, kos-en kontanttekorte en politieke onsekerheid.

Sommige inwoners meen dit is die moeilikste Kerstyd sedert die totstandkoming van die eenheidsregering vier jaar gelede.

President Robert Mugabe het Maandag as 'n bykomende vakansiedag verklaar en wanorde veroorsaak vir reisigers en mense wat inkopies doen.

Banke het gesluit, kitsbanke is sonder geld en die vervoerstelsel het grootliks tot stilstand gekom.

Die werkloosheidsyfer in Zimbabwe is sowat 80%. 

Volg Nuus24 op Twitter.
SAPA
Lees meer oor:    armoede zimbabwe
«Terug