Share

Beukes laat elke woord tel

Broken Monsters deur Lauren Beukes. Uitgewer: Umuzi. Prys: R200. Resensent: Kay-Ann van Rooyen
* Broken Monsters is ook beskikbaar op Kalahari.com en as ’n e-boek teen R101.

Broken Monsters se inspekteur Gabriela (Gabi) Versado en haar span van die Detroit-polisie het ’n ongewone moordsaak om op te los. Die halwe liggaam van ’n seun wat hulle vind, is geheg aan die halwe karkas van ’n witstert-hert. Dan vind hulle ’n tweede lyk en ’n derde, albei fisiek verander, asof die moordenaar ’n kunswerk wou skep.

Gabi is die ma van ’n tienerdogter, Layla, wat saam met ’n vriendin in internet-kletskamers rondhang en probeer om ’n pedofiel aan die kaak te stel.

Die storie is in ’n kort, afgebete styl geskryf, met skerp waarnemings en slim woordkeuses. Daar is geen onnodige gegorrel nie; elke woord tel. Galgehumor skep ’n goeie ewewig vir die gruwels.

Die karakters is oortuigend, grootliks danksy Beukes se talent vir treffende dialoog. En niemand is net goed of net boos nie; selfs die pedofiel word nie as ’n blote monster uitgebeeld nie.

Daar is eintlik drie milieus wat oorvleuel in die boek: die tradisionele wêreld waarin die speurders werk; die kuberruimte waarin die twee tieners en ’n blogger beweeg; en die droomwêreld, die onderbewussyn. Dis by laasgenoemde waar my enigste punt van kritiek lê: Ek het hierdie aspek van die verhaal effens verwarrend gevind. Dis nietemin ’n boek wat ek almal aanraai om te lees.

* Lees 'n onderhoud met Lauren Beukes hier.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 710 votes
No! It's time to move on ...
33% - 353 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+0.0%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.40
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.7%
Platinum
929.90
+0.5%
Palladium
992.50
+0.2%
Gold
2,344.97
+0.5%
Silver
27.69
+0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,111
+1.0%
All Share
75,033
+1.0%
Resource 10
62,918
+1.3%
Industrial 25
103,789
+1.2%
Financial 15
15,853
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE