Share

Boeiende Bybel-blik vry van erge vroomheid

Die wonder van die goddelike liefde deur Chris van der Merwe. Uitgewer: Lux Verbi. Prys: R160. Resensent: Jean Oosthuizen

* Die boek kan hier bestel word en is ook as ’n e-boek beskikbaar op Kalahari.com teen R137.


Ons almal se lewe word deur waardes bepaal.

Die skaal waarop daardie waardes geweeg word, verskil egter van mens tot mens.

In die verbruikerskultuur waarin ons leef, word materiële waardes dikwels as die hoogste waarde geag en die belangrikste doelwit om na te streef.

Chris van der Merwe kies in sy boek Die wonder van die goddelike liefde die Bybel se morele waardes as rigsnoer vir ’n waardegedrewe lewe. Hy bespreek dit aan die hand van sewe begrippe naamlik geloof, hoop, geregtigheid, waarheid, blydskap, nederigheid en liefde.

Dit moet nie verwar word met die tradisionele sewe hoofdeugde, in teenstelling met die tradisionele sewe doodsondes waarmee mense dikwels banggepraat word nie. Hy verkies om die klem te laat val op positiewe waardes.

Die boek is nie ’n teologiese diskussie oor die strydighede in die Bybel waarvan daar baie is nie. As letterkundige (wat nie ’n teoloog is nie) fokus die skrywer op daardie dinge in die Bybel wat vir hóm waardegedrewe is. Hy som die etiek van die Bybel in een woord op, naamlik liefde.

Sy skryfstyl is behoudend, maar sonder ’n veroordelende of streng dogmatiese benadering.

Tradisionele gelowiges wat nie van oordrewe vroomheid hou nie sal veral aanklank vind by die boek.

Van die vrae wat hy stel oor gebed en lyding verg egter dieper nadenke.

Anders as fundamentalistiese skrywers bepleit hy ’n nie-diskriminerende Bybelse liefde.

Vir dogmatiese Christene sal dit vreemd wees om te hoor die Bybel verkondig nie ’n eenvoudige siening dat almal wat nie in Jesus glo nie verlore is.

Die skrywer wil mense van die Christelike leer oortuig deur praktiese dade van goedheid sonder om hulle noodwendig tot die Christelike geloof te bekeer.

Baie mense buite die Christelike tradisie soos Sokrates en Gandhi het volgens die skrywer ’n groter ooreenkoms met Jesus getoon as die meeste mense binne die Christelike geloof.

Daarom maak hulle volgens hom deel uit van die goddelike verhaal.

Jean Oosthuizen is ’n vryskutjoernalis.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 490 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 519 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE