Share

Boekwurm-kerskous: Wonderwoorde



Die land van die groot woordfabriek

Daar is ’n land waar die mense amper nooit praat nie. In hierdie vreemde land moet jy woorde koop en hulle insluk om hulle te kan uitspreek. Klein Daniel het woorde nodig om sy hart vir die pragtige Hanli oop te maak. Maar hoe moet hy dit doen? Want om alles vir Hanli te sê wat hy graag vir haar wil sê, sal ’n fortuin kos …
Uitgewer: Protea. Vir 3-10. Prys: R100


Kammaland

Kammaland het 13 bekende en onbekende stories en pragtige illustrasies vir kinders uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner. Dit was was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, soos Diereland, Storieland, Kleuterland en Avontuurland.
Uitgewer: Protea. Gr. 3 en hoër. Prys: R150


Hou Snoekels dop, Wikkels Vark!

Wikkels Vark kry ’n verrassingspakkie by ’n partytjie. Hy is so gretig om dit oop te maak, dat hy sy sagte speelding Snoekels aan ’n ballon vasbind, en nie sien wat gebeur nie!
Uitgewer: Protea. Vir 0-5. Prys: R90



Wat sal ons Wikkels se hondjie noem?

Wikkels Vark het ’n nuwe hondjie. Wat sal ons hom noem? Almal het idees, maar niemand stem saam nie.
Uitgewer: Protea. Vir 0-5. Prys: R90


Klein Fielies raak weg

As dit donker word, het die huisie baie leeg en stil gevoel. Dan was die lewe vir Pettson nie meer lekker nie, Maar toe kom Fielies die katjie – en raak weg....
Uitgewer: Protea. Vir 5-8 jaar. Prys: R100


Pettson gaan kampeer

Fielies die pratende kat bly saam met Pettson in ’n Sweedse plaashuisie. Eendag gaan kamp die twee langs die rivier. Maar dinge draai toe nie heeltemal so goed uit nie...
Uitgewer: Protea. Vir 5 - 8 jaar. Prys: R100


Verjaardag met koek


By ’n verjaardag hoort koek en presente, maar in Verjaardag met koek loop alles skeef. Hoekom flop die koek elke keer?
Wie het die halssnoer gesteel? Dié prenteboek sonder woorde is ’n opvolg op die veelbekroonde Soek die koek!, en is soortgelyk aan die Where’s Wally-reeks. Dis ryklik geïllustreer met tonne detail waarin kinders hulle ure sal verloor (ouers ook). Soek die koek! is in 2005 o.m. bekroon met die Woutertje Pieterse-prys en die Zilveren Penseel.
Uitgewer: Protea. Vir 3-8. Prys: R100



’n Trollie vol diere

By die supermark ontdek Philip onverwags ’n fantastiese wonderwêreld.... want hierdie is nie sommer net’n gewone supermark nie. ’n Lawwe, lawaaierige prenteboek!
Uitgewer: Lapa. Vir 3+. Prys: R80



Trein na Kalkbaai

’n Eg-Suid-Afrikaanse prenteboek wat die storie vertel van ’n opwindende dag in die lewe van ’n Kaapse gesin. Dis die dag ná Kersfees. Dit word ’n dag wat Graham wens nooit, nooit, ooit eindig nie.
Uitgewer: Lapa. Vir 5+. Prys: R80

Wolf, Hond en Kat

Saam met Wolf en Hond is hierdie ’n prettige storie vir beginner-lesers: Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf is bang vir Kat.
Uitgewer: Protea. Vir 6-12 jaar. Prys: R110

Vos en Haas op die eiland
Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas – kort sinne, met ’n effens meer geforderde woordeskat wat rekening hou met die jong leser se begripsvermoë.
Uitgewer: Protea. Vir 6-12 jaar. Prys: R110



Mejuffrou Muis-reeks:

Mejuffrou Muis en haar lieflike huis
Mejuffrou Muis gaan op reis
Mejuffrou Muis op die krukkelys
Mejuffrou Muis kry muisies
Uitgewer: Protea. Vir 4-6. Prys: R60

Mejuffrou Muis gaan op reis

Mejuffrou Muis en Rosalien is baie baie moeg. Die hele jaar het Juffrou Muis gewerk en swaar geswoeg. Nou is dit tyd vir hulle twee om weg te glip na son en see.

Waarvoor is seerowers bang?

Almal weet seerowers is vreesloos en dapper. Hulle skrik nie vir storms op see nie. Seemonsters gee hulle nie nagmerries nie. Maar Sanmarie is seker daar is een ding waarvoor seerowers sommer baie bang is...
Uitgewer: Lapa. Vir 3+. Prys: R80

Dirkie en sy vriendjies

Dirkie gaan elke aand na ’n oop plek in die bos. Daar speel hy met al sy vriendjies: wit en grys en bruin en swart konyntjies. Vreemd genoeg is Dirkie die enigste konyntjie wat met almal speel.. ’n Prenteboekverhaal oor vriendskap. Ander in die reeks is
Dirkie, Dirkie en Annie en Dirkie en die eekhoring.
Uitgewer: Protea. Vir 4+. Prys: R100

Sprokies vir ’n Prinsessie


Dis ’n boek oor prinse en prinsesse, reuse en trolle, towerspreuke en wense.. sprokies uit die verskillende lande waaruit die ses koninginne van België kom, spesiaal geskryf vir prinses Elisabeth van België wat in 2001 gebore is.
Uitgewer: Protea. Vir alle kinders. Prys: R220


Ouma-Emma-Mamma

Emma, die klein verkleurmannetjie wil met haar oumma wegkruipertjie speel. In dié verhaal is ’n liefdevolle verhouding tussen drie generasies verweef.
Uitgewer: Protea. 4-8 jaar. Prys: R120



Help my affeblief

’n Olifant het gestruikel, geval en groot geskrik, en sy slurp is krom en skeef geknik. Hoe kry hy sy slurp weer glad? Drie slim raadgewers kruis sy pad.
Uitgewer: Protea. Vir 4-8 jaar. Prys: R100

Prinses Talia en die Draak


Die eerste boek in die Prinses Talia-reeks. Dis die storie van hoe prinses Talia haar pa se koninkryk van ’n kwaai draak red. Die draak het op die paleis se dak beland en weier om weg te gaan.
Uitgewer: Human & Rousseau. 6-9 jaar. Prys: R99,95

Ben en die Walvisse

Walvisse speel in die see ver onderkant die ou voetpaadjies waar Ben en Oupa baie keer gaan stap. Maar toe gaan Oupa dood, en Pa en Ben stap met die voetpaadjie langs, praat oor ’n walviskalf. ’n Verhaal om verlies te verwerk.
Uitgewer: Tafelberg. Vir 5-9

Raserige dinosourusse

Die prehistoriese wêreld was ’n raserige plek, vol brulklanke van die tirannosourus en trikeratopse wat teen mekaar bots! Hoor hoe ’n tirannosourus brul en ’n plesiosourus se kake toeklap.
Uitgewer: Protea. Vir 3+. R160



Storieman, Omnibus 2

Die Storieman-reeks wat in die 1980’s deur Leon Rousseau uitgegee is, was een van die grootste kinderboeksuksesse ooit. Dié omnibus-uitgawe is ’n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike en feëverhale hieruit.
Uitgewer: Human & Rousseau. Vir 3+ jaar. R139,95. Met 2 CD’s

Die Loraks

“Ek praat vir die bome, want bome is stom. My naam is die Loraks, ek woon in die woud...” Die Loraks is ’n vermaaklike rymstorie met ’n sterk boodskap oor omgewingsbewaring.
Uitgewer: Human & Rousseau. Vir 3-8. Prys: R125


Dierestories 3

Die derde in ’n reeks diereverhale versamel deur GR von Wielligh. Die verhale van die Khoi-Khoi is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Ons leer ken Duifie, Reier en Vlermuis. En hoe dit gebeur het dat Skilpad vir Bobbejaan in ’n resies gewen het…
Uitgewer: Protea. Vir alle kinders. Prys: R125

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die seerower van watsenaam

Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, ry oor die verlate Karoo-vlakte. Die twee is baie honger en dors. In die dorpie Watsenaam is alles egter nie pluis nie. Vlugvoet die Vraatsige Seerower voer ’n skrikbewind onder die inwoners.
Uitgewer: Lapa. Vir 7+. Prys: R60

Die Krabbelboek

Krabbelboeke moedig kreatiwiteit aan. Krabbelboeke is pret! Dié krabbelboek met meer as 80 snaakse illustrasies, lok kinders uit om stories op te maak deur prentjies te teken of te voltooi.
En natuurlik is enige kind verbeeldingryk genoeg om dit te kan doen!
Uitgewer: Protea. Aktiwiteitsboek. Prys: R140



Hoe masjiene werk

Verken die wetenskap agter masjiene en meganismes. Bou dan jou eie en ontdek self hoe dit werk. ’n Interaktiewe boek vir ontluikende ingenieurs, om 12 werkende modelle te bou.
Uitgewer: Lapa. Vir 7+. Prys: R160

Witwarm wiele

Maak jou sitplekgordel vas vir ’n aksiebelaaide wedren deur die wêreld van wiele. Van roowarm renmotors tot manjifieke motorfietse en mega-monsterbakkies. Hierdie boek vertel jou alles oor alles wat vinnige wiele het!
Uitgewer: Lapa. 9+. Prys: R130

100 Papiervliegtuie

Word ’n vliegkampioen met hierdie pragtige papiervliegtuie. Daar is 100 blaaie wat jy kan uitskeur om allerlei opwindende vliegtuigies te vou – van vegvliegtuie tot ruimtevuurpyle tot vreemde vlieënde goggas. Pragtige ontwerpe vir papiervliegtuie, om te vou en mee te vlieg.
Uitgewer: Protea. Aktiwiteitsboek. Prys: R100

Pret met ponies

Is jy mal oor ponies? HIerdie is ’n praktiese volkleurgids vir ponieliefhebbers. Of jy wil leer ry, jou ponie te versorg, of sommer net meer oor dié pragtige diere wil weet.
Uitgewer: Lapa. Vir 9+. Prys: R130

Rocksusters

Nog ’n Elle-avontuur propvol raaisels, romanse en rock!
Elle kan nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Selfs al is dit die Parys aan die Vaalrivier en nie die een aan die Seine nie...
Uitgewer: Lapa. Vir 13+. Prys: R100

Glinstergids vir meisies

Wil jy pragtig, gesond en gelukkig wees? Jou eie liedjies soos ’n superster skryf en sing? Hier is prettige planne en aktiwiteite om jou te laat skitter!
Uitgewer: Lapa. Vir 9+. Prys: R130



Joran Noordewind


Op pad na die grootse skoenlapperbyeenkoms van sy lewe, word die jong bloutjie Joran na die Klipkoninkryk agter die waterval ontvoer – ’n gruwelike onderwêreld waar gewetenlose kewers die septer swaai, skoenlappers en motte soos slawe werk.
Uitgewer: Protea. Jeug. Prys: R160

Die Kolonel


Daar is groot konsternasie by die polisiestasie. Die Kolonel, ’n kat wat rowers vastrek, is weg! Sersant Sol en konstabel Bongani sal moet soek, want hulle kan nie hulle werk sonder dié baasspeurder doen nie.
Uitgewer: Human & Rousseau. Vir 6 - 9. Prys: R100,95

Soektog in Katoren

Katoren, veertig jaar nadat koning Stach die troon bestyg het. Die sestienjarige bokwagter Koss reis deur die land op soek na ’n man wat as seuntjie ontvoer is. Dan raak hy verlief op die meisie Vulcana...
Die boek se voorganger, Die koning van Katoren, is onlangs verfilm...
Uitgewer: Protea. Jeug. Prys: R140



Krygsperd

Die tiener Albert se geliefde perd Joey word aan die kavallerie verkoop en na Frankryk verskeep. Sy ruiter, Kaptein Nicholls, word doodgeskiet terwyl hy op Joey se rug is. Joey is omring deur oorlogstonele, en nadat hy aan albei kante van die geveg diens gedoen het, bevind hy hom uiteindelik alleen in Niemandsland.
Uitgewer: Protea. Roman. Prys: R130

Tot siens, koning Arthur

Sylvia van der Merwe is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. En sy wou nog medies gaan swot...
Uitgewer: Tafelberg. Vir 14-18. Prys: R135


Hoopvol

Ben de Koker is 16 en hy soek sy pa, wat hy nooit ontmoet het nie, nadat sy ma en suster omkom in ? brand in Mayfair, Johannesburg. En dan is daar nog Natalie, die weeskind van ’n Karoo-dorpie wie se verhaal saam met dié van Ben ontvou.
Uitgewer: Tafelberg. Vir 14-18. Prys: R135

Leeus met letsels

Die avontuurlike André en die saggeaarde Simoshile Buyi moet die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in hy hart, verwerk?
Uitgewer: Human & Rousseau. Jong volwassenes. Prys: R125

Die land verby donker

Kom kuier in ’n plek waar weervolwe vir die maan tjank en vampiere in die nag rondswiep, en waar die nare Rikus Riller jou inwag en Eenoog die monster jou wil vang...
Uitgewer: Lapa. Vir 9+. Prys: R80

Die Swart Kat slaan neer

Soos ’n skaduwee bly die Swart Kat op die spoor van misdadigers in Suid-Afrika. Hy is vinniger as die pik van ’n mamba, geruisloser as ’n arend, so sterk soos ’n bees en so onverskrokke soos ’n ratel.
In dié reeks avonture kruis hy swaarde met ’n sluwe klouterdief, kunsdiewe en ’n gewetenlose terroris.
Die verhale van die Swart Kat het eers in die jeugtydskrif Patrys verskyn. Later volg daar vyf boeke wat die gewilde TV-reeks tot gevolg het, met vier reekse van dertien episodes elk.
Uitgewer: Protea. Jeug. Prys: R110



Die Uile langs die Limpopo

Een van verskeie boeke in die Uile-reeks. ’n Vakansie langs die Limpopo hou avonture vir dié bende in – veral omdat hul goeie vriend Wadda, die woestynmens, saamgaan. In dié afgeleë boswêreld hou ’n smokkelbende wat nie verwag dat vyf dapper seuns van Kranskop en ’n man wat gebrei is deur die Kalahariwoestyn op hulle sal afkom nie.
Uitgewer: Protea. Jeug. Prys: R100

Boela van die blouwater

Boela van die blouwater is ’n jeugroman wat afspeel op ’n klein vissersdorpie, Oestermond. Chris Barnard se gewilde verhaal is die eerste keer in 1962 gepubliseer en die kleurvolle karakters wat teen die agtergrond van die vissersdorpie geteken word, bekoor steeds.
Uitgewer: Protea. Jeugroman. Prys: R100



Nog 13 spookstories


Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Gee nie om om laatnag alleen te lê en lees terwyl die takke teen jou ruite krap nie? Geskryf deur Suid-Afrika se drie grilmeesters...
Uitgewer: Lapa. Vir 13+. Prys: R100

Knolle, bolle & tuinkaperjolle

’n Eg Suid-Afrikaanse boek oor groentetuine wat jou leer om ’n tuin uit te lê, hoe om grond voor te berei, plant en saai, snoei en om jou eie gesonde groente, slaai en kruie te oes, saam met handwerkprojekte wat met tuinmaak verband hou en maklike resepte.
Uitgewer: Tafelberg. Vir 7-10. Prys: R180

Bygelowe en waar hulle vandaan kom

Het jy geweet dat die titel Macbeth van Shakespeare nie in ’n teater in die Verenigde Koninkryk genoem word nie omdat dit ongeluk oor die opvoering bring. Weet jy dat geboue in Oos-Asië glad nie ’n vierde verdieping het nie? Dat groen nie in Franse teaters gebruik word nie en violet nie in Italiaanse teaters nie?
Uitgewer: Pharos. Vir alle kinders. Prys: R275
















We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 304 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 594 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
-0.4%
Rand - Pound
23.72
-0.4%
Rand - Euro
20.25
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
981.80
+0.6%
Palladium
1,025.50
+0.2%
Gold
2,369.61
-0.6%
Silver
28.25
-2.2%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
67,041
-1.9%
All Share
73,188
-1.8%
Resource 10
61,583
-3.6%
Industrial 25
98,932
-1.2%
Financial 15
15,637
-1.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE