Share

Bundel wat besinnende nadenke bied

Gesprekke oor die lewe: Die laaste gedagtes van I.L. de Villiers. Uitgewer: Lux Verbi. Prys: R150

In die “laaste gedagtes” van I.L. de Villiers, oudredakteur van Rapport en Sarie en ’n gewese predikant, betrek hy die leser by ’n deurlopende gesprek wat hy oor die lewe gevoer het. Hy het die kuns verstaan om in woorde gestalte te gee aan hoe ons steeds besin oor die misterie en uitdaging van ons daaglikse lewe.

Interessant is hoe De Villiers steeds deur sy nagelate woorde die vermoë het om iewers iets in jou menswees aan te roer. Hy het begaaf met woorde en die Woord omgegaan.

Postuum het drie publikasies van De Villiers verskyn, waarvan sy dagboek, Onder ewige vlerke (CUM Uitgewers) reeds verskeie herdrukke beleef het. Dit is in Engels vertaal en het ’n goeie indruk op die Amerikaanse mark gemaak.

Hierdie bundel bevat ’n samestelling van sy laaste preke by die NG gemeente Aasvoëlkop in Johannesburg. Die preke is getranskribeer van opnames. De Villiers het nooit formeel ’n preek uitgeskryf nie – eerder net aan die hand van enkele notas met die gemeente in gesprek getree.

Hierdie bundel is uiteindelik ’n besinnende nadenke oor hoe om aan die lewe en vandag inhoud en waarde te gee. Dis gesprekke oor die lewe waarin ons staan. Gesprekke wat so deur hom aangebied is dat dit juis ’n basis word van die steeds voortgaande gesprek oor die lewe en sy inhoud. Hy bied immers geen finale woord aan nie.

Hy was ’n wyd belese man wat gevoed is deur ’n ondersoekende gees wat woorde en begrippe intens bepeins het voordat hy dit op eiesoortige manier weer met nuwe aksente kon deurgee. Hieruit spreek sy gevoeligheid vir die woord, sy intense omgang met dié Woord en ook sy behoefte om in gesprek te bly – met God en sy medemens.

Amanda Botha
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 463 votes
No! It's time to move on ...
36% - 261 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE