Share

Kortlys vir niefiksieprys bekend

Die vier kandidate op die kortlys vir die City Press-niefiksieprys is onlangs bekend gemaak. Dié boekprys van R60 000, wat saam met Tafelberg-uitgewers aangebied word, het vanjaar in sy derde bestaansjaar die meeste inskrywings tot nog toe ontvang.
Die pryswenner se boek word in 2016 gepubliseer.

Die antropoloog en verpleegsuster Lydia Gittens ondersoek die kulturele praktyk “Ukuthwala”, waarvolgens jong vroue, gewoonlik jonger as 18 en soms selfs net agt jaar oud, in ’n huwelik gedwing word, meestal met die goedkeuring van hul ouers.

Die joernalis en Afrika-spesialis Liesl Louw-Vaudran bekyk die invloed van Suid-Afrikaanse diplomasie op die vasteland, of dit werklik suksesvol is en in watter mate ons die vasteland help verander het.

Vashthi Nepaul skryf oor die uitdagings van hulp aan begaafde kinders van arm Suid-Afrikaanse gemeenskappe om hul potensiaal te bereik. Sy sê die stelsel slaag nie daarin om voorsiening te maak vir begaafde studente nie, en hulle staak hul studie.

Michael Weeder, deken van die St. George-katedraal, het die biografie van Reg September aangepak – van sy politieke inwyding in Distrik Ses in die laat 1930’s, gevangenskap en byna 30 jaar as ’n uitgewekene tot met sy terugkeer na ’n veranderde Suid-Afrika in 1991.

Die wenner word op 17 September in Kaapstad aangekondig. Besoek tafelberg.com vir inskrywings vir die volgende prys wat op 30 Junie 2015 sluit.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
50% - 13 votes
No! It's time to move on ...
50% - 13 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.6%
Rand - Pound
23.90
+0.2%
Rand - Euro
20.47
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.46
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.8%
Platinum
917.40
+0.6%
Palladium
1,010.00
+0.5%
Gold
2,326.25
+0.5%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,776
+0.3%
All Share
74,686
+0.2%
Resource 10
62,136
+2.8%
Industrial 25
103,175
-0.8%
Financial 15
15,857
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE