Share

Met die helm gebore?

Richard Poplak is Suid-Afrika se Hunter S. Thompson. Maggie Marx het met hom gesels oor Until Julius Comes.

Jy het nie besluit om die boek saam te stel nie, maar jou redakteurs by Daily Maverick en die uitgewers by Tafelberg het besluit dit kan ’n treffer wees. Was daar ekstra werk wat in die samestelling ingegaan het?
Die meeste daarvan was net herrangskikking en om alles samehangend saam te stel. Dit was baie soos om ’n album aanmekaar te sit. Al die stukke kan alleen staan, maar tog moet dit saamloop tot ’n groter stelling. Dit was regtig waar die werk ingekom het.
Ek sou sê die boek is pret. Dis diepsinnig. Dis ’n manier van skryf oor politiek wat Suid-Afrika nog nie gesien het nie.

Waarom het jy besluit om uit die rolprentbedryf te tree en joernalis te word?
Ek het nie die waarde daarin gesien om Toyota-advertensies te skiet nie. Ek wou die belaglikheid van musiekvideo’s en advertensies agterlaat. Ek was net nie meer geïnteresseerd nie. Dit was nog altyd my doel om in te spring en iets te doen, om ’n swaargewigstorie te vertel.

Sal jy ooit die politiek betree?
Daar is nie ’n manier nie. Politiek is vir my ’n soort petribakkie wat die menslike toestand bestudeer.
Dit was nog altyd my oorheersende belangstelling om vas te stel hoe dinge werk en een van die beste plekke om dit te doen, is in die politieke arena. Dis so rou.
Alles wat gebeur, praat soort van oor ander dele van die samelewing, hetsy dit nou familie, geloof of kuns is. Politiek is al daardie goed.

Veral in Afrika?
Ja, veral in Afrika. Baie van die lande is nog jonk. Ons is 20 jaar oud. Al ons demokratiese prosesse is nog baie, baie nuut en in hul babaskoene.
As jy na die geskiedenisboeke kyk, na Europa, het hierdie 800 jaar gelede daar gebeur. Jy kan na Suid-Afrika kyk en dan kan jy ook kyk na waarheen Amerika en Europa op pad is en jouself dan afvra; is dit regtig waar ons uiteindelik wil beland?

Vertel meer oor die titel?
Jacob Zuma se gunsteling-sêding is mos dat die ANC gaan regeer totdat Jesus kom.
Ek het ’n man by ’n saamtrek in die Johannesburgse middestad ontmoet wat gesê het dit gaan nie wees tot Jesus kom nie, maar totdat Julius kom. Dis dus eintlik ’n soort aanhaling. En dit voel nogal asof hy die spyker op die kop geslaan het.

* Lees die resensie hier.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 380 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 801 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.3%
Rand - Pound
23.76
+0.3%
Rand - Euro
20.40
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.28
+0.1%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
943.10
-0.8%
Palladium
1,028.00
-0.2%
Gold
2,391.27
+0.5%
Silver
28.50
+1.0%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,316
+0.2%
All Share
73,342
+0.1%
Resource 10
63,157
-0.2%
Industrial 25
98,748
+0.3%
Financial 15
15,523
+0.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE