Share

Naby, en tog ook ver

Dis ’n verhaal van verbondenheid, maar ook een van afsondering: Dié wat die naaste aan mekaar leef, is soms die verste van mekaar verwyder. Marguerite Poland, skrywer van die roman ‘The Keeper’, het aan die vertaler daarvan, Daniel Hugo (‘Die bewaker’), gesê ’n vuurtoring op ’n afgeleë  eiland as agtergrond vir die verhaal simboliseer al dié elemente.

* Die bewaker en The Keeper word deur Penguin SA uitgegee. Dit kos R235 en dis ook beskikbaar as ’n e-boek teen R200.

Die bewaker kan hier bestel word.

Jy ken vuurtorings baie goed – waar het jy jou kennis opgedoen?


Groot masjinerie het my nog altyd gefassineer – skepe, treine, vuurtorings. Ek het deeglik navorsing gedoen oor vuurtorings.

Ek het ook baie tyd in die vuurtoring by Kaap St. Francis deurgebring – een van die mooiste strukture wat ek ken. Dis geweldig indrukwekkend.

Het jy ’n spesifieke vuurtoring en eiland in gedagte gehad?

Ek het die geskiedenis van Bird Island naby Port Elizabeth bestudeer en ’n groot deel van die storie het daaruit voortgespruit. Maar ek wou ook hê die eiland en vuurtoring moet ’n produk van Rika se verbeelding wees. Ander mense se stories of oorvertellings skep hul eie landskappe in ons verbeelding, net soos boeke. Daarom wou ek my nie laat inperk deur absolute feite nie.

In der waarheid is die geskiedenis van die eiland so ryk dat dit ’n groot historiese roman verdien, maar dit was nie my doel nie. Ek was nog nooit op Bird Island nie, hoewel ek daardie kus so goed ken dat die eiland ’n verlengstuk is van wat ek sedert my kinderdae intens ervaar het.

Dis ’n streng bewaakte natuurbewaringsterrein – wetenskaplikes word daar toegelaat, romanskrywers nie! Omdat baie van my ander skryfwerk geskiedkundig gegrond is en ek graag glo ek is noukeurig met feite, was die skepping van ’n semi-mitiese eiland al manier om dié probleem te omseil.

Waarom het jy gekies om die verhaal uit die manlike hoofkarakter, Hannes Harker, se oogpunt te vertel?

Dit het reg gevoel. Die werklike oogpunt is Rika s’n; sy is die “bewaker” van Hannes se verhaal. Sy moes hom toelaat om sy lewensverhaal aan haar te vertel. Ek moes ook stil sit en die stemme ongehinderd laat opklink. Ek het aanvanklik 17 hoofstukke uit Rika se perspektief geskryf en dit toe volledig geskrap en voor begin. Die karakters was verkeerd “geplaas” en Hannes se stem het onhoorbaar gebly. Dis sy storie; hý moes dit vertel. Ek moes net luister. Toe ek hom vind, kon ek weer begin.

Daar is baie Afrikaanse dialoog in die Engelse teks. Is jy nie bang dit skep ’n leesversperring vir lesers in Suid-Afrika en die buiteland nie?

Dudley Koester (Misklip) is uiteraard Afrikaanssprekend, soos baie van die ander ghwano-werkers. Een probleem van Suid-Afrikaanse Engelse skrywers is om ’n ander inheemse taal oortuigend te laat klink. Enigeen wat in Port Elizabeth grootgeword het en die omgewing ken waarin Hannes Harker sou kon beweeg, weet daar word afwisselend Afrikaans en Engels gepraat. My lesers is hoofsaaklik in dié land, en ek voel baie sterk die taalgebruik moet so outentiek moontlik wees.

Ek dink egter The Keeper/Die bewaker is beter in Afrikaans as Engels omdat die karakters en milieu hulle daartoe leen, sonder enige lompheid of gevoel van “vertaling”.

Die verpleegsuster, Rika, is as’t ware die skrywer se alter ego. Die swygsame hoofkarakter vertrou sy verhaal aan haar toe. Is sy die “bewaker” van die titel?

Die Engelse titel het ’n dubbele bedoeling. Rika is ’n keeper (bewaker of guardian) net soos wat Hannes ’n keeper is, maar in die betekenis van “vuurtoringwagter”. Gelukkig het die woord albei betekenisse in Engels en kan dit gebruik word om sowel Hannes as Rika se rolle aan te dui.

Ek weet dié benaming het ’n probleem geskep in Afrikaans, maar die betekenis van keeper soos dit van toepassing is op Rika, was vir my die belangrikste.

Misklip is ’n boeiende karakter. Ek kry die indruk hy het in die skryfproses ’n al hoe ronder karakter geword. Is dit so?

Ja, dis so. My bedoeling met die verhaal was deels om die geskeidenheid in ons samelewing te onderstreep – die moontlikheid om in ’n noue en afhanklike verband met ander mense saam te leef en tog niks van hulle te weet nie.

Gedurende my navorsing was ek geskok om uit te vind dat arbeiders jare lank op daardie geïsoleerde eiland gestrand was.

Ons laat na om mense op hul regte name te noem, en ons misgun hulle ’n eie geskiedenis, want dis geriefliker om dit te ignoreer. Misklip het dit egter nie toegelaat nie en sy man gestaan! Hy is in ’n mate gegrond op ’n werklike persoon – iemand wat, net soos Hannes, kortstondig in my wêreld verskyn het, maar ’n onuitwisbare indruk gelaat het.

Legendes en bygelowe speel ’n belangrike rol in die verhaal. Het dit werklik op vuurtoring-eilande in die vorige eeu voorgekom?

Verlore skatte, onwettige wrakduikers, perlemoensmokkelaars, selfmoorde, dode-like gevegte, geheime slaweskepe. Ek het net daaraan geraak en was in die versoeking om uit te wrei, maar dit sou weglei van die kern van die verhaal en die gemoedstoestand wat ek wou uitbeeld: isolasie, geestelike alleenheid, obsessie en liefde.

In my navorsing het ek afgekom op verskeie bewerings dat dit op die eiland spook. My roman is nie ’n spookstorie nie, maar ek glo dat pyn en verdriet – en vreugde en vrede – wesenlik is aan sekere plekke en dat ’n mens dit kan aanvoel. Dis ’n energie wat ons nie altyd verstaan nie.

’n Opvallende kenmerk van die boek is die liriese natuurbeskrywings: branders, wind, rotse, mistigheid, seevoëls. Dien dit as ’n weerspieëling van die karakters se gemoedslewe?

Dis al voorheen gesê dat landskap ’n karakter in my boeke is. Ek dink nie ek kan ’n verhaal oortuigend vertel as dit nie stewig in ’n landskap geanker is nie.

Die “plek” reflekteer inderdaad my karakters se gemoedstoestand – ook myne. Ek begin altyd aan ’n nuwe boek deur ’n lang stuk bewussynstroom neer te skryf wat die storie in ’n spesifieke plek situeer. Dis deurslaggewend vir my eie gemoedstoestand om te kan voortgaan.

My stories speel meestal af in die Oos-Kaap, waar ek grootgeword het. My liefde vir daardie landskap was altyd en sal waarskynlik altyd my inspirasie en geborgenheid wees.

Die vuurtoring word ook ’n “karakter” in die verhaal. Wat is die rol van die miniatuur-vuurtoring van skulp wat die hoofkarakter se ma gemaak het?

Die skulpvuurtorinkie bestaan werklik. Dis meer as ’n eeu gelede deur ’n vuurtoringwagter gemaak. Dis ’n pragtige en delikate kunswerk, ’n presiese replika. Dit simboliseer iets wat weerloos en breekbaar is – die antitese van die massiewe, onverbiddelike vuurtoring wat ’n simbool van hoop en oorlewing is, maar in my verhaal is dit iets met ’n onversetlike krag waarteenoor die weerloses en eensames magteloos staan.

Vir my is dit ’n verhaal oor die liefde en die kompleksiteit van kommunikasie tussen mense – veral tussen mans en vroue. Stem jy saam?

Dis ’n liefdesverhaal – met die teerheid, hoop ek, wat inherent is aan die beste verhoudings tussen mans en vroue. Maar dis ook die ontginning van die idee dat selfs mense wat in die mees intieme en interafhanklike omstandighede woon (versterk deur die geïsoleerdheid van die eiland) na binne leef en soms nooit praat oor wat vir hulle die belangrikste is nie. In die tyd waarin die verhaal afspeel (1921 en 1957) was daar voorgeskrewe verwagtinge van hoe mans en vroue moes optree. Dit kom steeds voor. Die isolasie van die eiland plaas dit in ’n helder lig.



Marguerite Poland en Daniel Hugo in die Book Lounge in Kaapstad. | Foto: Lerato Maduna

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 391 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 540 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent-ruolie
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE