Share

Onthutsende blik op hedendaagse Middeleeue

Vlugtig deur die hel deur Gert Sarrisam. Self uitgegee. Prys: R120. Resensent: Wium van Zyl

“Dis jou eie skuld dat jy fokkol vir jouself kan doen! Jy lê op almal se nekke en ons moet nou vir jou sorg ná al die klomp stront wat jy aangejaag het!”

Só som Maria, suster van Hendrik Jaars, die situasie op wanneer hy hom op sy laagtepunt bevind.

’n Foto van die verminkte Hendrik Jaars, of Klonkies, verskyn op die rugkant van Gert Sarri­sam se Vlugtig deur die hel. In ’n voorwoord noem die skrywer dat hy deur die boek “ ’n helpende hand” na Jaars en die gemeenskap probeer uitsteek. Dit gaan hier dus om ’n ware lewensgeskiedenis van iemand wat diep val en dan opstaan as kragtige Christelike getuie.

Hendrik is ’n kind van plaasarbeiders. Hoewel die ouers agt monde het om te voed, moet hulle steeds rondtrek weens die vader, Hendrik Withoed, se drinkgewoontes en aggressie. Die skrywer slaag goed daarin om die uitwerking van ’n wanfunksionele gesin te suggereer sonder om dit uit te spel.

’n Naamlose verteller begelei die leser op Klonkies se spoor. By geboorte word hy deur sy ma, Maria, “aan die Here belowe”. Maar ook sy is nie onskuldig nie, want sy het alkohol gebruik terwyl sy Klonkies verwag het en kan daarna ook nie van die drank of mans wegbly nie.

Klonkies begin wel mooi, maar teen st. 6 in ’n plaasskool kom hy meisies, rook en drank agter. En wanneer hy in die Paarl hoërskool toe gaan, beland hy by die Hard Livings­bende en gebruik hy sy eerste mandrax. Uiteindelik moet hy vlug vir sy lewe na sy ma toe op Citrusdal.

Terwyl hy skuil ná nog ’n misdaadsessie, hoor hy ’n stem op die windjie na hom aangedryf kom: “Almal wat die Here liefhet, staan nader.” Dit lei tot sy eerste bekering en ’n uitgerekte verhaal van val en opstaan.

Soos in die vroeë dae van die roman as genre sorg die skrywer dat die deug wel afgewissel word met taamlik sappige weergawes van die ondeug. Veral Klonkies se werk as assistent vir vragmotorbestuurders op die langpad bied vir die leser ’n panorama oor duisende kilometers van versoekings. Die Satan neem soms die allerverleidelikste gedaantes aan. Kan ’n mens vir Klonkies sy val by Masingo op pad Harare toe verkwalik nadat hy hom ’n volle jaar lank ingehou het? Hier verskyn die mooie doeane-amptenaar Mary-Anne aan hom. Vir twee bladsye lank veg hy terug. Maar: “Toe hy weer opkyk, staan sy voor hom en sy het net haar broekie aan...” En dan “ontplof” die “man in hom”!

Alles bly binne ’n Christelike verwysingsveld.

Wanneer Klonkies in ’n beskonke toestand deur ’n prediker, Paul, opgelaai word op pad Citrusdal toe, stort hy sy hart uit en verneem dan: “Hendrik, die Here wil jou afhanklik van Hom maak. Hy gaan nog baie wonderwerke deur jou doen, maar jy moet Hom toelaat dat Hy die werk doen.” En dan volg ’n waarskuwing “dat die Satan net sy kans staan en afwag om jou dood te maak...” Hiermee word ’n spanning geskep wat die laaste deel van die boek oorheers.

Hoewel Vlugtig deur die hel in die vorm van goed afgewerkte prosa aangebied word, kan ’n mens dit moeilik moderne verhaalkuns noem.

Ondanks die rou realisme gaan dit eerder terug op die soort bekeringstekste waarmee ons letterkunde eeue gelede vorm gekry het, soos die Beatrijs-legende en nader tuis die “heilige leven” Beningna van Groenkloof of Mamre (1873).

Vir my was dit maar ’n taai toffie weens die afwesigheid van ’n deurlopende spanningslyn en telkense herhaling van dieselfde soort situasie. ’n Onthutsende blik op die stryd om die siel van ons gemeenskap is dit egter wel.

Die Middeleeue skuur steeds hier teenaan ons almal en is plek-plek pikdonker.

Wium van Zyl is emeritus-professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

*  Die boek kan bestel word by sarrisam@telkomsa.net of deur 027 581 1021 te skakel.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 969 votes
No! It's time to move on ...
33% - 470 votes
Vote
Rand - Dollar
18.76
+1.4%
Rand - Pound
23.43
+0.3%
Rand - Euro
20.08
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
924.10
-0.0%
Palladium
959.00
+0.1%
Gold
2,337.68
0.0%
Silver
27.19
-0.0%
Brent Crude
89.50
+0.6%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE