Share

Reis tussen die blaaie

Om te reis deur ’n skrywer se oë; om só ’n bekende stad, streek of land opnuut te ontdek of die onbekende – magies – te sien oopvou. Dis een van die plesiere van boeke, skryf Elmari Rautenbach.

Splinternuut


Die Weskus en Sandveld:
Diepsee deur E. Kotze (Tafelberg)

Daar is die raakvatter Tant Fien met die groot krop en glinsterende hoedespeld in haar bolla wat so fyntjies die tjank van die
kermrige Poon aftrap; die stil Frits, vroeg uit die skool wat soos ’n bees op die skuite kan werk, maar droom om net één keer met meer as ’n sjieling Nagmaal toe te kan gaan...

Hulle is die sout – of “silt” – van die aarde, skryf Sussie Kotze. ’n Versameling van haar kortverhale, Diepsee, het pas verskyn.

“Hy het oom Bossie eenmaal gevra wat silt is. Toe dink oom Bossie eers ’n rukkie en toe wys hy wyd oor die korserige grond van Viskuil: dit was wit en skubberig soos ’n wang waarop trane droog geword het. En hy sê: dis wat silt is.” (Silt van die aarde.)

Die digter en letterkundige Petra Grütter het eenkeer gesê Sussie Kotze het amper eiehandig ’n seewoordeskat in Afrikaans behoue laat bly. Maar die dialek, woorde en uitspraak is vir haar “ingegee”, sê sy. “Dis die Weskus, die Sandveld, die Soutpan duskant Lambertsbaai.”

Só klink dit...

“Dis by die agt myl Baai toe. Met die wapad tien myl, maar hy stap met die voetpad tussen die duine deur. Die wit gousblom begin toevou weerskante van die paadjie. As die son eers loop draai het, kom daar ’n klimaat oor die duine wat die blomme laat toetrek. Mens proe dié tyd van die jaar die bittergousblom in die melk, in die botter op die brood.”

Nuut


Johannesburg:
’n Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer (Queillerie)

Zweig van Niekerk keer terug ná dekades in die buiteland om ’n toespraak te kom lewer oor sy argitektoniese nalatenskap.

Maar eintlik is hy hier om die land – en die stad – op te soek wat hom en sy oorlede Indiër-vrou in die 1960’s verstoot het.

Soos Zweig ’n nostalgiese reis na die verlede onderneem, ontmoet ons verskeie karakters wat húl stories oor Johannesburg vertel – van selfs die 1900’s in Turffontein se konsentrasiekamp tot vandag se immigrantewêreldstad, waar almal van iewers anders af kom en die sentrale sakegebied volgepak word met sypaadjiestalletjies wat geheuestokkies uit China verkoop.

So klink dit...

“Haar man vertel graag vir die kinders stories... stories oor die straatname wat hy daardie dag op randstene geverf het of op smal emalje-naambordjies teen lamppale op straathoeke vasgesit het. Hy praat oor die straatname van Johannesburg asof dit die sewe wonders van die wêreld is. Van Uraniastraat wat vernoem is na Urania, die muse van die sterrekunde, tot Jeppestraat, vernoem na die mynmagnaat, Julius Jeppe.

“Wanneer hy klaar is, lees sy vir hulle ’n storie of twee uit ’n Duisend-en-een nagte.”

Versamelstuk


Die Roggeveld:
Hierdie lewe* deur Karel Schoeman (1993, eerste Klassiek-uitgawe Human & Rousseau, 2003)

’n Vereensaamde ou vrou val in die veld naby haar huis en, beseer, weer die aand ná ’n beroerte. “Spraakloos en verlam” word sy deur ’n bediende gevind en gedra na die huis waar sy gebore is, haar slaapkamer as ’n kind, waar ’n meisietjie – slapend aan die voetenent van haar katel – dié nag by haar waak.

Maar voordat sy sterf, herroep sy oopoog in die donker, in huiwerige fragmente, haar en haar familie se lewe op ’n Roggeveldse plaas teen die eeuwisseling; probeer sy dinge wat vir haar van betekenis was, vaslê.

En tog is dit na die ongenaakbare stuk aarde – Sutherland se wêreld – wat sy telkens terugkeer.

Só klink dit...

“Voor die wind het die dag verdonker, sonskyn en skadu het oor die veld verbygeskuif en die landskap het voor my voete gegolf; onder die diepblou van die vertroebelde lug wat met onweer gedreig het, in die versluierde lig van die son, het die vaal renosterbos silweragtig uitgeskitter, glansend verheerlik voor my oë en ek het verblind bly staan...”

*Ontvang die Hertzog-prys vir dié eerste boek in die Stemme-drieluik; opgevolg deur Die uur van die engel (1995) en Verliesfontein (1998).


Indië:
The White Tiger* deur Aravind Adiga (Atlantic Books, 2008)

Balram Halwai sit onder ’n kristalkandelaar, voor sy silwer laptop, met sy Toyota-taxivloot buite geparkeer en begin ’n brief te skryf aan die Chinese president wat Indië binnekort besoek. Hy wil hom “voorstel” aan vandag se Indiese entrepreneur, hom vertel hoe dit moontlik is dat ’n brandarm seun met ’n verterende ambisie om hom van kneg te “transformeer”, dit regkry om hom onder ’n nuwe naam en met ’n nuwe identiteit in die mededingende sakekern te vestig as die skatryk, meedoënlose “White Tiger”, filosoof, entrepreneur en moordenaar.

Die boek was geweldig omstrede in Indië, waar gesê is die New York-gegradueerde voormalige Financial Times en Time-joernalis het Indië se beeld skade berokken.

Só klink dit...

“Rush hour in Delhi. Cars, scooters, motorbikes, auto-rickshaws, black taxis, jostling for space on the road. The
pollution is so bad that the men on the motorbikes and scooters have a handkerchief wrapped around their faces – each time you stop at a red light, you see a row of men with black glasses and masks on their faces, as if the whole city were out on a bank heist that morning.”

*Wen die Man Booker-prys.


Holland:
Joe Speedboot* deur Tommy Wieringa (De Bezige Bij, 2005)

Van ’n skrywer wat self ’n rebel op skool was, nog op 16 soos ’n meisie gelyk het met sy lang hare en fyn gesig (bouers het vir hom gefluit) en obsessief dagboek gehou het, kom ’n baie spesiale, bittersoet grootwordverhaal van ’n 15-jarige parapleeg.
Fransie Hermans verloor sy spraakvermoë en word verlam in ’n fratsongeluk. Maar sy lewe verander wanneer hy deur ’n wildewragtig van ’n rebel, ene Joe Speedboot, by sy vriendekring op sy tuisdorpie betrek word en ons sy dagboekinskrywings in sy siniese, sardoniese binnestem begin hoor.

Só klink dit...

“Dit het steeds ’n bietjie ligter geword aan die horison, en ek het dit gewaag waar ek nog nooit was nie. ’n Glasige blou lig het my omring, die turkoois hart van ’n gletser. So egalig was dit en so uitgestrek... Die inkswart ys het onder my verbygegly; ek het heeltemal tot aan die noordelike punt van Veereiland gegaan.”

*Wen die Ferdinand Bordewijk-prys; in Afrikaans vertaal deur Zandra Bezuidenhout en uitgegee deur Queillerie.


China:
The Joy Luck Club* deur Amy Tan (William Heinemann, 1989)

Amy Tan is in Kalifornië gebore, die dogter van Chinese immigrante. Eers ná haar pa se dood hoor sy van haar ma se vorige huwelik in Sjanghai, haar mishandeling deur dié man, hoe sy gedwing was om haar drie kinders agter te laat.

In 1987 gaan sy vir die eerste keer China toe saam met haar ma om haar halfsusters te ontmoet en, sê sy: ”Die oomblik toe my voete grond raak, was ek Chinees...”

Dié gebeure vorm die basis vir haar debuutroman, waarin vier immigrante-ma’s en dogters in San Francisco die Joy Luck Club begin om mah-jong (’n Chinese bordspeletjie) te speel, tradisionele kos te eet en hul stories te deel.

Só klink dit...

“The servants had already packed and loaded a rickshaw with the day’s basic provisions: a woven hamper filled with zong-zi – the sticky rice wrapped in lotus leaves, some filled with roasted ham, some with sweet lotus seeds; a small stove for boiling water for hot tea; a cotton sack of apples, pomegranates and pears; sweaty earthen jars of preserved meats and vegetables; stacks of red boxes lined with four mooncakes each; and of course, sleeping mats for our afternoon nap.”

*Word ’n fliek met Wayne Wang as die regisseur.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 811 votes
No! It's time to move on ...
33% - 405 votes
Vote
Rand - Dollar
18.92
+0.5%
Rand - Pound
23.67
+0.5%
Rand - Euro
20.30
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.36
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.60
+0.0%
Palladium
980.50
-1.0%
Gold
2,347.56
+0.7%
Silver
27.60
+0.6%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,208
+1.1%
All Share
75,143
+1.1%
Resource 10
62,757
+1.0%
Industrial 25
103,884
+1.3%
Financial 15
15,940
+0.9%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE