Share

Só ontbloot hulle kroeks

Hulle is die moeilikheidmakers, die Don Quixotes van ons “Vierde Staat”. Hulle is ons ondersoekende joernaliste, wat uit die aard van hul werk dikwels oor hul skouer moet kyk, skryf Elmari Rautenbach.

Die Baanbreker

Soek In Cold Blood deur Truman Capote (1965) in tweedehandse winkels of aanlyn.

Die onverklaarbare moord op ’n ryk koringboer, sy vrou en twee jong kinders was die onderwerp van ’n beriggie agterin The New York Times op ’n dag in 1959 wat Capote raakgesien het.

Sy fassinasie met die hoekom, wie en waarom het gelei tot ses jaar se navorsing wat by Kansas se galg geëindig het en, volgens hom, die skep van ’n nuwe genre: die niefiksie-roman.

Later noem Tom Wolfe In Cold Blood as een van die baanbrekers van ’n kruis tussen joernalistiek en letterkunde.


Splinternuut:

Nothing Left to Steal deur Mzilikazi wa Afrika

Die skrywer: ’n Ondersoekende joernalis van Sunday Times.

Die onderwerp: Die onwettige huurooreenkoms tussen die eien­domsmagnaat Roux Shabangu en die oudpolisiehoof Bheki Cele.

Dit is Woensdag 4   Augustus 2010 in Johannesburg. Sunday Times se ondersoekende joernalis, ’n lang, frisgeboude man met die naam Mzilikazi wa Afrika, het pas uit ’n vergadering met kollegas van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) gestap en staan buite die Avusa-gebou in Rosebank, Johannesburg, toe verskeie ongemerkte polisiemotors met loeiende sirenes en skreeuende bande langs hom stilhou.

Gewapende mans spring uit en boender hom hardhandig agter in een van die voertuie.

Hy word aangehou, half drie in die oggend ondervra en beskuldigings van “hoogverraad” word rondgeslinger.

Die volgende aand dien die koerant ’n dringende hofaansoek om Wa Afrika se vrylating in. Die oggend daarna verskyn hy in die Nelspruit-streekhof. Buite wag ’n aggressiewe skare; binne, die polisie se spesialis-ondersoekeenheid (die Valke), in volle uniform met koeëlvaste onderbaadjies en traangas. En sonbrille.

Wa Afrika se oortreding? Hy is glo in besit van ’n vervalste bedankingsbrief van David Mabuza, toe die premier van Mpumalanga. Dit is egter net die oortjies van die seekoei.

Wa Afrika, na wie Cele onheilspellend as “shady” verwys, se eintlike “oortreding” is dat hy en kollega Stephan Hofstatter begin krap het aan wat later bekend sou staan as die huurskandaal van R1,7 miljard – een wat ’n reguit lyn trek van Shabangu tot by dié cowboy-polisiehoof.

Die storie van hoe die korrupsie oopgevlek en Cele sy pos kwyt is, is die tema van Wa Afrika se boek, Nothing Left to Steal, wat pas op die rak gekom het.

Dit vertel terselfdertyd die persoonlike storie van ’n dorps-japie wat hom op sy Twitter-profiel beskryf as “the village idiot you love to hate” en in sy selfoon se stemposboodskap as “the native who caused all the trouble”...

Vandag is dié “afgeskeepte laaitie van ’n onbekende dorpie” verskeie kere bekroon, die voorsitter van die forum vir ondersoekende joernaliste van Afrika en dien hy in die raad van die Global Investigative Journalism Network.

Het jy geweet?

Op ’n destydse navraag van Sunday Times het adv. Faith Radebe, inspekteur-generaal van intelligensie, erken Wa Afrika se foon word deur die Valke afgeluister omdat hy van misdadige optrede verdink word en “nie omdat hy ’n joernalis is nie”.

By Amazon:

Hack Attack: How The Truth Caught Up with Rupert Murdoch deur Nick Davies (April)

Die skrywer: ’n Ondersoekende vryskutjoernalis vir die Britse dagblad The Guardian.

Die onderwerp: Die meeluister­skandaal waarin bekend geword het die vlagskippublikasie van Rupert Murdoch se, luister die fone van bekendes en invloedrykes af.

Dit het klein begin. Die redakteur van News of the World verantwoordelik vir stories oor die Britse koningsgesin het stemposboodskappe van werknemers by Buckingham-paleis afgeluister.

Hy en ’n private speurder is in 2007 tronk toe gestuur. Die saak was afgehandel, of so het die koerant gedink.

Nick Davies het egter geglo alles is nie vertel nie. Hy’t begin vrae vra en ’n nes oopgekrap wat die wanpraktyke van een van die wêreld se magtigste koerantmagnate sou blootlê.

Hack Attack is ’n storie van magsmisbruik en vrees – ’n samevatting van vier jaar se beriggewing wat soos ’n speurverhaal lees. Die rooikop-koerantbaas met die elfie-gesig wat bekendes na willekeur kon manipuleer; haar jarelange minnaar, die afsydige redakteur, wat nie sou skroom om gesaghebbendes af te pers nie. Totdat bekend gemaak is die koerant het die stempos afgeluister van ’n 13-jarige meisie wat vermoor is.

The News of the World – ná 168 jaar ’n Britse instelling – moes sluit en verlede maand is die redakteur tot 18 maande tronkstraf gevonnis. Ironies is Murdoch ryker as ooit.

Het jy geweet?

Davies sê sy dryfveer as ’n ondersoekende joernalis is sy natuurlike wantroue in gesag omdat hy as kind soveel pak slae gekry het.


Op die rak:

Killing for Profit: Exposing The Illegal Rhino Horn Trade deur ­Julian Rademeyer (2012)

Die skrywer: Toe ondersoekende joernalis vir Media24, vandag redakteur vir Suider-Afrika vir die niewinsgewende webwerf Africa Check.

Die onderwerp: Die onwettige handel in renosterhorings.

Dié boek se eerste oplaag is binne twee weke uitverkoop. Dit is geen wonder nie: Dit lees soos ’n meesleurende riller, met dié verskil – dit is alles waar.

Van die onthullings wat Rademeyer maak, is dat renosterhorings in die sluikhandel van Suidoos-Asië meer werd is as goud, kokaïne of heroïen; ongeveer 80% van die wêreld se oorblywende renosters is in Suid-Afrika; en Jackie Selebi se besluit in 2001 om die spesialis-eenhede van die polisie te sluit, het ’n beduidende uitwerking op die bekamping van renoster-stropery gehad. Pleks van ’n gespesialiseerde span met 30 lede sit ons vandag met vyf of ses polisielede wat álle wildverwante misdade moet ondersoek.

Rademeyer erken die eerste hoofstuk was die moeilikste om te skryf omdat “ek geweet het ek moet lesers intrek wat nie gewoonlik bewaringsboeke lees nie”.

Het jy geweet?

Tydens sy navorsing van twee jaar is Rademeyer soveel keer met die dood gedreig dat ’n oudlid van 44 Valskermbataljon, Allen van der Linde, gevra is om hom op te pas.

Van der Linde is later deur die instituut vir gevorderde joernalistiek in Johannesburg genader om ’n kursus in basiese oorlewingstaktiek aan te bied, gegrond op die verpligte internasionale Heat- (Hostile Environ-ment Awareness Training) kursus vir joernaliste wat in gevaargebiede werk.


By Kalahari.com:

Finish & Klaar: Selebi’s Fall from Interpol to the Underworld deur Adriaan Basson (2010)

Die skrywer: Toe ondersoekende joernalis by die Mail & Guar­dian, vandag redakteur van Beeld.

Die onderwerp: Die val van die oudpolisiehoof Jackie Selebi.

Ses jaar. Ses jaar is al wat dit geduur het om te val van top-polisieman tot top-boef.

Gevra hoe hy gevoel het in die 50 dae in die hof tydens die Jackie Selebi-saak in 2010, was Adriaan Basson se antwoord net so kort en kragtig as Selebi se gevleuelde woorde in sy boektitel: “Fassinerend dog vreesaanjaend.”

Ná die opspraakwekkende dood van die mynbaas Brett Kebble in 2005 het al hoe meer geraamtes uit Selebi se kas getuimel.

Dit het duidelik begin word Selebi, destydse voorsitter van Interpol en Suid-Afrika se polisiekommissaris, is in der waarheid een van die misdadigers wat hy veronderstel was om aan te keer.

In Julie 2010 is Selebi in die Johannesburgse hooggeregshof skuldig bevind aan korrupsie en die aanvaarding van derduisende rande se omkoopgeld van sy “vriend”, die misdaadbaas Glenn Agliotti.

’n Maand later is hy tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Basson beskryf Agliotti so: “He’s the kind of guy that, if you met him in a pub, wouldn’t exactly be able to tell you what he did for a living. Import and export business? Maybe. Transportation? Sometimes. Fixing? Mostly. And there’s also selling your connections with powerful people to the highest bidder, known in the trade as ‘knock­ing’.”

Het jy geweet?

Tydens sy verhoor het Selebi altyd ’n swart kussing byderhand gehad met die woorde “Pava­rotti in Africa” daarop gebord

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 65 votes
No! It's time to move on ...
38% - 39 votes
Vote
Rand - Dollar
19.05
+0.9%
Rand - Pound
23.85
+0.4%
Rand - Euro
20.43
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.44
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
917.00
+0.5%
Palladium
1,010.00
+0.5%
Gold
2,326.95
+0.5%
Silver
27.43
+1.0%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,772
+0.3%
All Share
74,733
+0.3%
Resource 10
62,065
+2.7%
Industrial 25
103,234
-0.8%
Financial 15
15,875
+0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE