Share

Spanning-nis eerder misgeskryf as gevind

Slim leuens deur Lien Roux-­de Jager. Uitgewer: Lapa.
Prys: R215. Resensent: JB Roux

* Betsel die boek hier en die e-boek hier.


Lien Roux-de Jager is nog ’n skrywer wat haar nie tot een genre beperk nie.

Benewens kinder- en jeugverhale het sy al romanses geskryf en van haar kortverhale het in Boereoorlogstories 2 en Grensoorlogstories verskyn.

Toe begin sy spanningsromans skryf. Slim leuens volg op Donker leuens en Gekoopte leuens.

Luidens die flapteks het Roux-de Jager haar nis gevind. Maar het sy regtig? Hoe vergelyk Slim leuens met, byvoorbeeld, Martin Steyn se onlangse Donker spoor, wat diep beïndruk het?

Die heldin in die ­Leuens-trilogie is Kalli Krynauw, forensiese psigofisioloog in diens van Special Intelligence Services (SIS).

Krynauw is deur die FBI opgelei om verdagtes te ondervra en poligraaftoetse uit te voer.

Sy dra heelwat bagasie uit die vorige twee boeke saam. Madelein, haar suster en gerehabiliteerde dwelmslaaf, en Jeffrey Collins, ’n skisofreen wat Kalli voorheen erg seergemaak het, is weer op die toneel.

Die poppe begin dans wanneer die lyke van twee skoolseuns gevind word. Nóg lyke word gevind.

SIS het met ’n reeksmoordenaar te doen. Die storielyn neem ’n voorspelbare wending wanneer die prooi die jagter word.

Slim leuens is vlot en boeiend geskryf en Roux-de Jager het haar feite agtermekaar.

Geloofwaardigheid is ’n probleem. Daar is geen rede hoekom Kalli aan die psigiater dr. Etienne Marx se projek sal wil deelneem nie en ’n mens sluk swaar aan haar besluit om dit wel te doen.

Dit is boonop nie oortuigend dat Kalli se suster, terwyl sy in lewensgevaar verkeer, haar deur ’n telefoonoproep by ’n goed bewaakte huis sal laat uitlok nie.

En dat SIS se manne al naelkouende voor ’n huis op ’n lasbrief sal wag, terwyl hulle glo dat ’n kollega in daardie huis aangehou en enige oomblik vermoor kan word... Enige redelike speurder sou al die huis bestorm het.

Nog ’n groot irritasie is Roux-de Jager se onvolledige sinne soos “Frons” pleks van “Sy frons.” Dit is swak styl.

Kan hierdie boek – heel leesbaar, ondanks my besware – aanbeveel word vir ’n genreleser wat voor ’n oorvol boekwinkelrak ’n keuse probeer maak? Sal ander Afrikaanse (of Engelse) spanningsromans dalk méér waarde vir geld bied?

Koop Slim leuens en besluit self.

Maar koop dit op eie risiko.

JB Roux is ’n vryskutjoernalis.

* Slim leuens is ook op Kalahari .com beskikbaar as ’n e-boek teen R136.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 512 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 725 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.2%
Rand - Euro
20.36
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE