Share

Waagstuk met verteller snaaks en ’n styl-treffer

A Sportful Malice deur Michiel Heyns. Uitgewer: Jonathan Ball. Prys: R200. Resensent: Francois Smith

* A Sportful Malice is ook op Kalahari.com beskikbaar teen R136 of as ’n e-boek teen R110.

Moet jou nie deur die omslag-illustrasie laat mislei nie, dié boek is allermins die donker periodestuk wat die detail van ’n Caravaggio-skildery jou laat veronderstel. Die subtitel is effens weggesteek, maar slaan dáárop ag: A Comedy of Revenge.

Dis baie deeglik ’n komedie dié, hoewel ’n soort intellektuele klug waarin Caravaggio se kuns en prikkelende gesprekke oor kuns in die algemeen ’n taamlike rol speel. Dit is egter ook so eietyds dat Facebook net so sterk figureer; trouens, die hele storie word vertel in die vorm van ’n reeks e-posse, en die humor is vernaamlik gegrond op die spitsvondigheid van die skrywer van hierdie e-posse.

Dalk moet ’n mens hierdie spitsvondigheid eerder “wit” noem, in die ware Britse sin van die woord, want hierdie e-posskrywer, ’n Suid-Afrikaanse akademikus wat in Italië gaan navorsing doen, skryf allermins in ’n doodgewone e-postaaltjie.

Hy bedien hom van ’n skryfregister wat, vermoedelik, ’n parodie op Henry James se donderwolke van adjektiewe is, hoewel hy nêrens blyke gee dat hy bewus is van die geaffekteerdheid van sy prosa nie, nog minder van die selfgenoegsaamheid daarvan.

Dit was ’n waagstuk van Heyns om hierdie breedsprakige, selfingenome verteller te gebruik, en ook om met die veronderstelling te werk dat ’n mens normaalweg e-posse in romanformaat skryf, kompleet met dialoog, ruimtebeskrywings ensovoorts. Dit is wel dikwels geweldig snaaks, en stilisties is Heyns, soos gewoonlik, briljant.

Die leser moet egter kort-kort die gevoel oorkom dat dit ’n gemaakte grap is hierdie, dat die voorstelling ietwat gefabriseerd is.

Maar hierdie e-pos-verteller is ook ’n uitstekende waarnemer.

Van die karakters wat hy teëkom en met wie hy verstrik raak in die wraakkomedie waarvan die subtitel gewag maak, is wonderlik eksentriek.

Een van hulle is so kleurryk blouboordjie-platvloers, ook in die Britse sin van die woord, dat jou tatoeëermerke daarvan begin traan.

Die e-posse, kom ’n mens agter, word in ’n mate geskryf om stekies in te kry teen die minnaar aan wie geskryf word. Alles in die verhaal word deel van ’n spel van wraak en nog wraak, iets wat ’n mens kan herken as tipies van sommige gay-verhoudings.

Michiel Heyns ontgin hierdie neiging met ’n kamp gevatheid wat selfs diegene met net die geringste smaak vir kamp groot genot sal gee.

Francois Smith is ’n skrywer en uitgewersredakteur van Kaapstad.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 459 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 981 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE