Share

’n Mal man wys hoe VSA lyk

Dave Eggers se nuwe roman is ’n mondvol. Loftus Marais meen hy kan dalk die 21ste eeu se Dickens word.

* Die e-boek kan hier bestel word.

 
Die woord “ambisieus” word soms in resensies as vermomde kritiek ingespan. Die sê eintlik: “Die skrywer is slimmerig en sien kans vir baie, maar het net te hoog gemik.” Die woord is ’n klop op die skouer. Toemaar, boeta, dit was ’n eervolle poging.

Wanneer ek egter die woord “ambisieus” gebruik om Dave Eggers se nuwe roman te beskryf, bedoel ek dit as suiwer lof. Ek kan my nie ’n dringender en indringender kontemporêre Amerikaanse roman indink nie.

Your Fathers, Where Are They? And The Prophets, Do They Live Forever vertel die vreemde verhaal van die onstabiele Thomas wat besluit om mense vir wie hy belangrike vrae wil vra, een vir een te ontvoer, hulle na ’n verlate weermagbasis te neem en hulle daar vas te bind en met ’n skokstok te dreig totdat hulle “eerlik” met hom gesels.

Thomas se slagoffers sluit in ’n Nasa-ruimtevaarder wat nie op sy briewe gereageer het nie, ’n onderwyser uit sy kinderdae wat van pederastie verdink is, en sy eie ma. Stadig word die verband tussen sy slagoffers duidelik en ’n persoonlike narratief van die traumatiese dood van Thomas se “vriend” Don ontbloot.

Hierdie hele verhaal, wat gereeld binne ’n paar sinne wissel van gyselaarsriller tot politieke kommentaar tot absurde swart komedie, word totáál in dialoogvorm vertel. Die hoeveelheid karakterisering en selfs komplekse voorverhale wat Eggers met gewone gespreksinne oordra, is verstommend. Van gespreksbeurt tot gespreksbeurt leer ons nie net ingewikkelde en geloofwaardige karakters ken nie, ons lees eintlik ook ’n vurige debat oor ’n geslag se ontnugtering met die Amerikaanse droom, oftewel die verval van die sogenaamde Amerikaanse eksepsionalisme. Thomas is kwaad vir sy land se instellings en mense omdat hulle betekenisloos en verbeeldingloos geword het.

Die dialoogroman is nie ’n nuwe verskynsel nie. In baie oorsese resensies van Your Fathers word veral na Philip Roth se briljante dialoogwerk, Deception (1990), verwys. Maar met die lees van Eggers se boek is die inhoud, eerder as die vorm, die eintlike bron van die oorrompelende krag, en die grootse taak wat Eggers hier vir hom afbaken, herinner my eerder aan die einste Roth se “American Trilogy” – American Pastoral (1997), I Married A Communist (1998) en The Human Stain (2000). Ons het hier te make met werke wat ’n soort literêre State of the Union is, wat wys hoe ineengevleg die persoonlike en politieke is.

’n Mens kan argumenteer dat Your Fathers ook Eggers se eie “American Trilogy” afsluit. Roth se drie romans, wat onderskeidelik handel oor anti-Viëtnam-terreur, die McCarthy-heksejag en die Lewinsky-skandaal, is oor ’n tydperk van net vier jaar geskryf. Eggers ervaar self ’n produktiewe, én politieke, skryftyd. Sy vorige twee romans is A Hologram For The King (2012) en The Circle (2013). Eersgenoemde skets ’n Beckettagtige beeld van Amerika ná die finansiële krisis en laasgenoemde, in die vorm van ’n jeugriller, is ’n kultuurkritiese blik op sosiale media.

Eggers sien altyd kans vir baie. Om Amerika uit die perspektief van ’n kranksinnige jong geweldenaar te sien, is ontstellend – nie net omdat Thomas mál is nie, maar omdat hy sulke relevante vrae aan sy slagoffers vra. Met sy wildheid laat hy ons die donker futloosheid in die magtige Amerikaanse ryk raaksien.

’n Mens lees nie juis Eggers vir subtiliteit nie. Wanneer hy ’n vraag vra, vra hy dit hard en aweregs. Een van Amerika se mees betrokke skrywers is ook een van die toeganklikste. Sy boeke neig byna na openbare dokumente. Ten spyte van al sy woordtoertjies en luidrugtigheid, is Eggers egter nooit naïef nie. Hy voer jou kleurvol mee en wys jou tegelykertyd wat om jou aangaan. Hy word dalk die 21ste eeu se Dickens. Lees hom.

Loftus Marais is ’n inhoudsregisseur van Dagbreek op kykNET. Sy jongste bundel, Kry my by die gewone plek aguur, het in 2012 verskyn.

* Penguin versprei die boek in Suid-Afrika. Dit kos R275.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 956 votes
No! It's time to move on ...
33% - 465 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE