Share

A3 se gehalte troefkaart

Audi A3 Sedan 2.0 TDI vs. Benz CLA 220 CDI

Dis maklik om te verstaan waarom kompakte, luukse sedans so flink verkoop.

Motors soos die nuwe Audi A3-sedan en ewe nuwe Mercedes-Benz CLA draai die eienskappe van hul groter gesinslede in kleiner, ratser pakkies toe. Namate motors soos die Audi A4 en Mercedes-Benz C-klas ál hoe groter word, is daar ’n vraag na kleiner, luukse sedans soos die A4 en C eens was.

Albei motors wat hier inweeg, word deur die voorwiele aangedryf (soos baie ander Audi’s, maar min Mercedesse) en het vier deure en ’n afsonderlike bagasieruim. Maar hierdie uitkloptoets wys hoeveel twee oënskynlik eenderse motors kan verskil.

Mercedes het besluit om te konsentreer op dramatiese stilering en lewendige verrigting. Met sy CLS-agtige koepee-lyne is die Mercedes CLA beslis die een wat voetgangers teen lamppale laat vasloop en die koppe by verkeersligte laat draai. Sy gapende snoet intimideer stadiger verkeer. Teenoor die silwerkleurige CLA se swart allooiwiele en kolletjies-sierrooster het die bruin-gryserige A3-sedan met sy elegante lyne aantreklik, maar besadig voorgekom. Laasgenoemde sit teen die muur en drink ’n glas droë witwyn, terwyl die warm CLA op die kroegtoonbank dans met ’n Jägermeister in die hand.

Die bordjies word in die kajuit verhang, want die A3 bied ’n ware Audi-voorpaneel en aandag aan detail. Die hoëgehalte-plastiek en leer in sy binneruim kan ewe maklik uit ’n A6 kom en die uitleg van sy beheerknoppe en instrumente is eenvoudig en maklik om te gebruik. In teenstelling daarmee is die CLA se middelkonsole van harde, blink plastiek en sy beheerknoppe is oor die voorpaneel heen versprei.

Die CLA se ander swak punt is sy kajuit­uitleg, want hy bied merkbaar minder ruimte as die A3.

Die Benz se koepee-daklyn beperk kopruimte agter en sy smal bakwerk laat die passasiers naby aan mekaar sit. Die A3 se hoër dak kos hom dalk stileringpunte, maar maak dit makliker om in en uit te klim en keer dat sy passasiers ingehok voel.

Albei is toegerus met turbodiesel-viersilinder-enjins. Die CLA het ’n 2,1-liter-eenheid met 125 kW en 350 Nm en hy loop dat dit klap – 0-100 km/h in 8.2 sek. teenoor die Audi se 8.7 sek.

Sy sewespoed-dubbelkoppelaar-outokas (daar is nie ’n handrat-weergawe nie) sorg dat die enjin heeltyd in sy doeltreffendste toerestrek bly, maar hy is soms huiwerig om die regte rat te vind as mens wil verbysteek. Dit pla nie te veel nie, want die enjin se hope wringkrag sorg steeds vir lewendige verrigting.

Die A3 se tweeliter-TDI-kragbron lewer amper soveel wringkrag (340 Nm) as die Mercedes, maar met 110 kW raak hy gouer kortasem. Die A3 se sesgang-handratkas kies ligweg en akkuraat ratte om die ketel aan die kook te hou, maar ’n DSG-outokas is ook beskikbaar. Die Audi se diesel-gekletter is beter gedemp as in die Mercedes.

Hantering en rygerief is belangrike eienskappe in ’n luukse sedan en hier verdien die A3-sedan ’n eerste plek. Die Mercedes se vering is aan die harde kant en dit veroorsaak dat hy nie so ­gemaklik soos die Audi oor ongelyke paaie seil nie. Sy 18-dm.-bande klou verbete voordat die stabiliteitsbeheer ingryp, maar ry nie so glad soos die A3 se 17-dm.-bande nie. Die A3-sedan se balans tussen rygerief en padgreep is sy beste eienskap: Hy hou amper alle stoornisse uit die kajuit danksy sy sagter vering en isoleer padskokke so goed soos motors wat twee keer soveel kos.

Die A3 maak ook ’n kleiner duik in ’n bankbalans, want teen R369 500 (R386 500 met ’n DSG-outokas) lyk hy na ’n winskoop in vergelyking met die R413 500 wat Mercedes vir ’n CLA vra.

Die CLA gebruik luidens amptelike syfers ook ietwat meer brandstof (5,4 liter/ 100 km teenoor die Audi se 4,9 liter/100 km). Hul kajuite is albei goed toegerus, maar die A3 bied ekstra luukses soos outomatiese dubbelsone-lugreëling en leerbekleedsel.

Die CLA 220 CDI bied lewendiger verrigting, ’n sportiewer bestuurservaring en treffende stilering, maar die A3-sedan 2.0 TDI vergoed daarvoor met laer brandstofverbruik, gladder ritgerief en baie meer kajuitruimte. Sy laer prys en gehaltekajuit is belangrike troefkaarte en beklink vir die A3 ’n sege in hierdie vergelyking. Die CLA is ’n interessante, karaktervolle motor, maar die Audi stel nuwe standaarde in sy marksegment.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 397 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 822 votes
Vote
Rand - Dollar
19.12
+0.2%
Rand - Pound
23.67
+0.6%
Rand - Euro
20.37
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.27
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
938.90
-1.2%
Palladium
1,026.50
-0.3%
Gold
2,392.97
+0.6%
Silver
28.60
+1.3%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE