Share

Geliefde sakeleier, onderwysman sterf

 ’n Kort man met die hart van ’n reus.

Dís soos mnr. Eldrid Jordaan van Kaapstad sy pa, mnr. Paul Jordaan, sal onthou.

En dis hoe groot dele van die huidige politieke en gemeenskapsleierskorps dié besonderse man sal onthou.
Mnr. Paul Jordaan (63) is vandeesweek oorlede ná ’n massiewe hartaanval.

Jordaan was ’n ou vriend van KaapRapport en ’n man wat sy tyd ver vooruit was.

Sy loopbaan in die openbare oog het begin toe hy as hoofsekretaris van die onderwysvakbond die Kaaplandse Professionele Onderwysersunie (KPO) aangestel is en nou met die destydse KPO-president, dr. Franklin Sonn, saamgewerk het.

In dié hoedanigheid het Jordaan die politieke storm-en-drangjare meegemaak waarin die KPO in die vorige era so ’n kardinale rol gespeel het.

Sonn onthou Jordaan as ’n geesdriftige, positiewe en hardwerkende mens wat in duisende onderwysers se hart gekruip het. “Ons almal betreur sy onverwagte heengaan.”

Nadat Jordaan 24 jaar gelede by die KPO uit diens getree het, het hy sy eie onderneming in die finansiële sektor gestig.

Hy het deur harde werk Crystal Health Care Services opgebou tot ’n suksesvolle onderneming met kliënte wat oor die lengte en breedte van die land versprei is.

Maar dis op die vlak van erkenning vir die verskillende rolle wat gemeenskapsleiers gespeel het, dat Jordaan onthou sal word.

Hy het sy maatskappy en sy eie geldbronne as voertuig gebruik om tientalle Suid-Afrikaners op besonders innoverende wyse te vereer vir die rol wat hulle op verskillende vlakke van die samelewing gespeel het.

Van die mense wat só deur Jordaan vereer is in ’n tyd toe dié manier van doen buitengewoon was, is oudpres. Nelson Mandela, emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu, dr. Beyers Naude, mnr. Trevor Manuel, oudminister Geral­dine Fraser-Moleketi, en me. Lynne­ Brown en mnr. Ebrahim Rasool, albei oudpremiers van die Wes-Kaap.

Op persoonlike vlak sou die beste beskrywing van die mens Paul Jordaan sekerlik wees ’n man wat homself opgewerk het.

Jordaan het sy loopbaan as hoërskoolonderwyser begin en het daarna verskeie diplomas aan verskillende tersiêre inrigtings verwerf.

Tydens sy loopbaan het hy ook verskeie toekennings verwerf, meestal in die veld van versekering.

Hy was wêreldwyd bekend en is verskeie kere genooi om groot inter­nasionale gehore toe te spreek oor onder meer onderwysaangeleenthede en sakebestuur.

“Onderwysersregte en die bemagtiging en ontwikkeling van mense op die platteland was my pa se groot passie,” onthou Eldrid Jordaan.

“Hy was goed geplaas in sowel opvoedkundige as sake- en politieke kringe en was een van daardie allemansvriende.

“Hoe wyd dié vriendekring gestrek het, kom ons nou, ná sy dood, eers werklik agter uit die talle, talle oproepe vanuit Suid-Afrika en verskeie oorsese lande.”

Volgens sy seun het Jordaan omtrent ’n jaar gelede hartprobleme ontwikkel en is ’n pasaangeër vir hom ingeplant.
’n Maand gelede het hy ’n beroerteaanval gehad waarvan hy volkome herstel het.

“Die dokters het ’n herstelperiode van ses weke voorgestel, maar binne dae was my pa weer op die pad en besig met sy werk. Werk was al wat hy geken het, al wat hy wou doen.”

Sy laaste besoek was verlede week aan Aliwal-Noord waar hy ’n groot groep onderwysers toegespreek het, toe in sy motor geklim en 15 uur lank huis toe gery het. Hy wou by sy vrou en kinders wees.

Jordaan het verlede Sondag siek geraak, is Maandagoggend in die Tygerberg-hospitaal opgeneem en het Woensdagoggend teen die voordag aan ’n massiewe hartaanval gesterf.

Sy laaste woorde aan sy familie was dat hulle mekaar moes aanhou liefhê en waardeer en na mekaar se welstand omsien.
* ’n Troosdiens vir Jordaan word Woensdag om 19:30 in die Verenigende Gereformeerde kerk SA Gestig op die hoek van Orgidee- en Watsoniaweg in Belhar gehou.

Sy bergrafnisdiens vind in dieselfde kerk plaas om 09:00 op Saterdag 1 Oktober. Hy word daarna in die Belhar-begraafplaas begrawe.

Die diens word waargeneem deur prof. Nico Koopman, ds. Henry Matthys en ds. Lucas Plaatjies, die moderator van die VGK.

Jordaan laat sy vrou, Ruby, tweelingseuns, Eldrid en André (33), dogter, Khalmeiny (25), skoondogter, Natalie, en kleinkind, Tara-Belle­, agter, asook ’n suster, me. Sophie Menasse, en twee broers, William en Ronald.

* Nog foto’s in KaapRapport.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 693 votes
No! It's time to move on ...
33% - 349 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.0%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.44
-0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.7%
Platinum
931.70
+0.7%
Palladium
993.00
+0.3%
Gold
2,344.69
+0.5%
Silver
27.70
+1.0%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,257
+1.2%
All Share
75,176
+1.1%
Resource 10
63,020
+1.5%
Industrial 25
104,008
+1.4%
Financial 15
15,872
+0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE