Dit is reg dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vasstel wie het Julius Malema se belasting betaal, want dit het verdere belastingimplikasies vir óf die betaler óf vir Malema.
Maar SAID moet dieselfde doen ten opsigte van pres. Jacob Zuma.
Wie het die miljoene vir Zuma se verbeterings aan sy Nkandla-landgoed betaal?
Dit het belastingimplikasies vir óf Zuma óf vir die betaler.
Die SAID behoort uit eie beweging die betaling te ondersoek en nie te wag tot ander belastingbetalers daarvoor vra nie.