“Kyk, as daar een onreg is in Suid-Afrika en miskien die hele Afrika-kontinent, is dit dat sy kinders onderrig word in ’n taal wat nie húlle s’n is nie. Hulle begin met ’n agterstand.
“Ek self moes matriek skryf in my tweede taal, stoei om myself uit te druk. Ek wens die regering belê meer in die ontwikkeling van Afrikatale, in basiese én tersiêre onderrig.”
Ek stem heeltemal saam met dr. Nzimande wat dit betref.
En hy is in die posisie om dit wel te bevorder.
As hý dit nie gaan doen nie, wie sal dit doen?
Daarom spook veral swart skoliere om in matriek te presteer, en daarom sukkel baie op tersiêre vlak.
Dr. Nzimande kan die groot verandering aan die gang kry en bevorder.
Begin byvoorbeeld met dieselfde goeie stelsel wat reeds suksesvol by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus gebruik word.
Daar word lesings in Afrikaans aangebied wat, indien nodig, deur tolke in Engels vertaal word tydens die lesing. Die NWU se Mahikeng-kampus kan begin om die Engelse lesings ook in Tswana te vertaal, en verder dan by Wits in Sotho, ensovoorts.
Hier het dr. Nzimande die geleentheid om in die geskiedenis opgeteken te word as die man wat die groot onreg teenoor Afrikatale reggestel het.
Hanlie Retief en Blade Nzimande.| Foto: lulama zenzile