Eerstens is dit nie korrek dat slegs die Springbokke en die All Blacks die kerf van 17 opeenvolgende toetsoorwinnings behaal het nie. Litaue het dit ook van 2006 tot 2010 vermag.
Verder is dit nie die rekord nie, die rekord word tans deur Ciprus gehou.
Hulle het tot dusver 23 opeenvolgende oorwinnings behaal en kan dit nog meer maak.
Net omdat Ciprus nie een van die groot rugbylande is nie, maak nie die rekord minder werd nie.
’n Toetsoorwinning is ’n toetsoorwinning.