Vergelyk die berging van één passasiersvaartuig met die opruimingswerk in Pearl Harbor ná die aanval van die Japanners op 7 Desember 1941.
Die Amerikaanse vloot se duikers het 20 000 uur onder water deurgebring in wat waarskynlik een van die grootste bergingspogings nog was. Binne drie maande is daar onder meer drie slagskepe (battleships), twee kruisers, twee torpedojaers en ’n dryfdok (floating dock) vlot gemaak.
In die maande daarna is nog vyf slagskepe van die seebodem gelig waarvan etlike herstel is en weer aan die oorlog deelgeneem het.
Dan was daar die bergingsoperasie in Scapa Flow, by die eilande noord van Skotland. Die Duitse vloot is daar aangehou ná sy oorgawe aan die Geallieerdes in die Eerste Wêreldoorlog. In Junie 1921 het die bemannings 52 van die 74 vaartuie opsetlik tot sink gebring. Van 1923 tot 1939 is die meeste van dié skepe vlot gemaak en as skroot verkoop.
Dikwels was dié bergings moeiliker en gevaarliker en is onder druk in ongunstige weersomstandighede uitgevoer.
Die Costa Concordia is dus maar ’n kalfie teenoor dié vorige operasies.