In 1992 is ek en ander afdelingsbevelvoerders van oor die hele land op ’n vergadering in Pretoria opdrag gegee om alle geheime dokumente en dies meer te vernietig. Ek het ’n generaal vergesel wat takke in die Witwatersrand besoek het om seker te maak dat die opdragte uitgevoer is.
De Kock praat heel waarskynlik die waarheid dat sekere generaals moes geweet het van sy “dade”. En indien húlle nie direkte kennis gedra het nie, móés hulle vermoedens gehad het. Anders, hoekom is ek weggejaag van SAP-hoofkwartier in Pretoria soos uiteengesit in my brief verlede Sondag? Vlakplaas, De Kock en maats was ’n maaksel van HK.
Bevel en beheer was gesetel in HK.
Sekere generaals ly aan selektiewe geheueverlies of lewe in ontkenning.