Jy vergeet hoekom ons hier is, waar ons vandag is en julle is waar julle is.
Ek hoor nie van jou wat ’n voorbeeld stel en jou rykdom met ’n anderskleurige gedeel het om berou te toon nie. Maak jy eers reg en toon berou, want julle was heel gemaklik met die onregverdige leefwyse van apartheid.
Op 50 moet ek sonder kwalifikasie werk soek, want as (onderskeidelik) ’n huiswerker en winkel-boy was daar nie eens ’n pensioen vir my ouers nie vanweë apartheid. Hou daarom op met Zuma en deel jou rykdom met my.
Dán praat ons weer.