In hierdie gesprek is al die elemente te vind van Ted Turner se berugte uitspraak oor die konflik in die Midde Ooste: “It is the born-again Bush against the born-again Bin Laden” Juis hierin blyk dat Croucamp dieselfde laspligtige vir die Universiteit van Johannesburg kan wees as Eugene Terblanche vir die Afrikanerdom.
Die meriete van die argumente wat doktor Croucamp binne sy betoog aanbied is ‘n debat opsigself. Die beeld wat egter uit die klankinsetsel
opdoem is dat Piet Croucamp kwalik sal kwalifiseer as ‘n bemiddelaar in Israel. Die eerste rede is dat hy die kern van sy ambag misken: Politiek is die kuns van die moontlike.
Die groot kontensie van hierdie skrywe is dan dat daar ‘n skreiende aanval deur Croucamp op die basiese menswees van ons samelewing is. Waar hy op vele forums aangebied word as ‘n gesaghebbende kommentator oor die maatskaplike wording van die nuwe Suid-Afrika rus daar dus ‘n dure plig op hom om sy woorde te tel. Terwyl hy rakende daaglikse wisselwerking tussen groepe ongetwyfeld insiggwende waarnemings en waardevolle bydraes lewer is dit duidelilk dat wanneer hy egter passievol oor godsdiens begin redeneer, en heel moontlik nie voldoende onderlê is nie, oorskrei hy die grense van sosiale aanvaarbare gedrag.
In ‘n sekere mate, geneem teen die totalitiet van sy openbare beeld, blyk dit dat Croucamp nog in konflik is met sy eie Boersheid. Dus sy kras
taalgebruik en kragdadige debatsvoering. Daarom dat hy ook by elke geleentheid inklim onder die verkramptheid van sy eie herkoms. Maar dit is nie die kern van hierdie skrywe nie. Dit is maar net ‘n moontlike verstaan vir die feit dat hy toelaat dat sy eie emosies, versluier in die aanspraak op akademiese uitnemendheid, slaan op die basiese reg van elke mens in hierdie land om te mag glo. Breindood of nie, dit is ‘n antropologiese feit: Menswees is om te glo.
Sodoende is ons almal op strompel na die waarheid. En so het dit dan ook meer as twee eeue geneem het om die relatiwitieit van Newton se stellings te demonstreer. Wat kan ons dan vandag voorspel oor die toekoms van Einstein se teorema waarop Croucamp vir nou sou hamer as die absolute.
Juis dít is die kernmerk van ‘n rasegte wetenskaplike: Vandag se realiteit is relatief tot môre se waarhede. Intussen is elkeen wat die Sabbat vier deel van die kultuurgoedere wat van ons die mense gemaak het wat ons is.
Daarom is dit juis die persona wat in die hoorbeeld na vore kom waarin hy sy miskenning van rol van geloof binne die mensdom blyk laat.
Waar Croucamp homself graag aan die publiek van Suid-Afrika aanbied as díe praktiese akademikus van UJ is hy besonder naïef oor die rol van godsdiens in maatskaplike ordening. Sou hy vandag binne die wieg van akademiese wording soortgelyke uitlatings maak is die uitslag na millennia se beskawingsontwikkeling redelik onafwendbaar: Piet sal opeindig onder ‘n Babelse hoop klippe buite die stadpoorte. Juis binne hierdie voorbeeld van ironie is verantwoordbare akademiese plig te vinde teenoor ongebrydelde vryheid van spraak.
Om dan in soveel onverbloemde venyn na ‘n breindood God te verwys is ‘n direkte aantasting van die menswaardigheid van elkeen in hierdie droewe land wat in volle oortuiging binne sy en haar denominasie elke dag se taak verrig om reg en geregtigheid te laat geskied.
Dat die Suider-Afrikaanse nasie tans ernstige nood het aan brugbouers is redelik vanselfsprekend. Verdelende uitsprake soos in gemelde debat gaan tot geen mate in hierdie doel slaag nie. Daarom rus die plig op UJ om die pastoraat (herderlike versorging) aan lektor Croucramp te bedien.
Intussen kan daar net die hoop uitgespreek word dat Piet wel die harmonie met die skepping sal vind wat in soveel van die goedgelowiges van Suid-Afrika heers. Hierin het die uitvoerende gesag van die universiteit ‘n beslissende rol te speel