Share

Enigste uitweg is gewettigde dwelms

Die artikel “In Hanover Park klap die skote dag en nag” in die afgelope Sondag se Rapport het betrekking.

Wanneer gaan regerings oor die wêreld heen die lig sien? Daar is geen manier waarop enige polisiemag mense kan verhoed om te doen wat hulle wil doen nie.

Om sekere aktiwiteite te verbied, dien net om daardie bedrywighede ondergronds te dryf. Tydens die 1920’s het die Amerikaners probeer om drank te verbied. Al wat hulle reggekry het, was om die volmaakte teelaarde vir die Mafia te skep.

As enige individu enige plek in die wêreld dwelms wil gebruik (of dit nou sigarette, drank, heroïen of tik is), gaan hy of sy 'n manier kry om daardie middels in die hande te kry.

Deur die middels onwettig te maak skep ons net 'n kunsmatige mark vir bendes en finansier ons die bendes se bedrywighede.

Maak alle dwelms wettig. Gaan koop jou tik by die kafee op die hoek. Dan is daar geen bakleiery daaroor nie en niemand hoef geskiet te word.

Die dwelms sal ook heelwat goedkoper wees, want daar sal geen risiko by die verspreiding betrokke wees nie.

Die feit van die saak is: As enige persoon hom- of haarself wil vernietig, dan sal hy of sy dit doen. Dis sulke mense se individuele keuse.

As jy jou lewe wil opmors, doen dit.

Maar dan sal die res van die gemeenskap nie die prys vir jou onnoselheid hoef te betaal nie.

Maar dit is seker 'n te logiese argument vir politici om te verstaan.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 1912 votes
No! It's time to move on ...
32% - 915 votes
Vote
Rand - Dollar
18.62
+0.9%
Rand - Pound
23.32
+0.7%
Rand - Euro
19.95
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-1.3%
Platinum
963.20
+1.8%
Palladium
955.50
-0.2%
Gold
2,318.80
+1.4%
Silver
26.67
+1.5%
Brent Crude
86.33
-1.0%
Top 40
69,925
-0.7%
All Share
76,076
-0.5%
Resource 10
61,271
-4.5%
Industrial 25
105,022
+0.4%
Financial 15
16,591
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE