'n Swerweling. Ek gebruik die term omdat ek nie die soort mens na wie ek gaan verwys, wil aanstoot gee nie.
So ’n mens het aan ons voordeur geklop. Die son was byna onder. Hy was gehawend, verwaarloos en skamel geklee. Ek was daarvan oortuig dat hy ’n drinker is. Maar soos daar êrens geskryf staan, het my gewete my begin aankla.
Ek het my vrou se mening getoets.
En ons het op ons eie ook oor die saak gebid. Eenkant en alleen het ek gedring gevoel om my Bybel te neem en daarin te blaai sonder om spesifieke teksverse in gedagte te hou. Ek het my Bybel laat oopval en my oog het op die volgende ongemerkte teks in die Ou Testament geval: “Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee...” (Jesaja 58:7)
Ons het die swerweling versorg, skoon klere en kos en slaapplek gegee. Ek was oortuig dat die Here my gehoor en geantwoord het. Waarom moet ons nog twyfel?