Die berig oor minder godsdienstiges (Rapport, 12 Augustus) het betrekking. Wat ’n aaklige gedagte: Daar is geen God en geen hiernamaals. Alles is net toeval.
Dalk is dit nou die tyd waarvan Jesus gesê het: As Ek terugkom, sal ek nog geloof op die aarde vind? (Lukas 18:8).
Tog moet die mense wat agnosties of ateïsties is ook aan iets glo. Hulle moet dan glo uit niks, in buitengewone omstandighede deur ’n ongelooflike saamloop van toevallighede, het ’n intellektuele persoon ontstaan, een wat soos hy/sy kan dink en kan besluit. Hulle moet dan eintlik ’n wonderlike groot geloof hê om dit te alles te glo...
Nee wat, ek teken maar liewer vir my kaartjie na die hemel deur in Hom te glo en ek doen my bes om te doen wat Hy verlang. Snaaks hoedat as jy een keer daardie kaartjie geteken het, dit jou lewe (bly) verander.