Dit is insiggewend dat hy aan die einde erken “Ons almal is op soek na die waarheid”. Is die skrywer, ondanks sy aanvalle op kerklike dogmas, die kernsaligheidsleer en Christus se goddelikheid, moontlik self nog op soek na die waarheid?
Die wyse Langenhoven het lank gelede daarop gewys dat die sterkste leuen geskep word as die waarheid ietwat skuins gedraai is. In ’n tydsgees van misleiding het die leuen en die waarheid, soos Pilatus en Herodus tydens en deur Christus se gevangenis en kruisiging, as eertydse aartsvyande, goeie vriende geword.
Die skrywer verwys na ’n mensgemaakte godsdiens en politieke druk om “die Christus” te aanbid as God.
Hy sluit sy skrywe af: “Ons moet die grondwaarheid van die boodskap van ‘die Christus’ najaag.” Jesus Christus (alleen) het die grondwaarheid van die liefdesgebod vervul deur aan die kruis ’n onbegryplike prys vir die mensdom se sondes te betaal. (Dié debat word hiermee afgesluit. – Briewe-redakteur)