Share

Hamas gee toe Israel het reg om te bestaan

Op ’n vraag van Rapport (10 Augustus) of daar nie miskien met Hamas onderhandel moet word nie, sê die Israelse ambassadeur Hamas is soos Boko Haram. Hulle stel nie belang in interaksie met enigiemand nie.

Natuurlik is Hamas nié soos Boko Haram nie. Hamas het immers in 2006 aan ’n verkiesing van die Palestynse wetgewende gesag deelgeneem – en het gewen. Dit maak hulle streng gesproke die enigste legitieme Palestynse groep met wie daar onderhandel kan word oor ’n oplossing vir die konflik.

Op ’n verdere vraag of Israel die blokkade gaan ophef, sê die ambassadeur nee, want Hamas se doelwit is om Israel van die aarde te vee.

Ongelukkig hét Hamas kort ná sy stigting in 1987 hom verbind tot die uitwissing van die staat Israel. Baie water het intussen in die see geloop.

Die nasionale leier van Hamas, Khalid Mishal, het aangedui Hamas se handves moet nie gesien word as ’n fundamentele ideologiese raamwerk wat rigtinggewend vir Hamas is nie. Opdrag is in 2005 gegee om die dokument te hersien.

In aansluiting hierby het die leier van Hamas in Gasa, Ismael Haniyeh, by verskeie geleenthede aangedui dat Hamas bereid is om die tweestaat-oplossing te aanvaar, mits Israel terugkeer na die 1967-grenslyn; mits die vlugtelinge die reg kry om terug te keer; mits die nedersettings ontruim word; en mits Oos-Jerusalem erken word as die hoofstad van die Palestynse staat. Dit is ’n de facto erkenning van ­Israel se reg om te bestaan. Die Palestynse Bevrydingsorganisasie was ook aanvanklik in hul handves verbind tot die uitwissing van Sionisme.

Tog het dit Israel nie verhinder om met hulle te onderhandel nie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 442 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 633 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.0%
Rand - Pound
23.90
+0.0%
Rand - Euro
20.41
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
+1.3%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE