Goodwill Zwelithini se aansprake het geen gronde nie en is op leuens gegrond. Grond wat gevat word sonder die toestemming van die wettige, oorspronklike eienaars is niks anders as diefstal nie.
Die volkere wat nou links en regs grond opeis en beset, is niks anders as grondgrypers nie.
Laat ons ons kaarte op die tafel plaas – nie net die swart groepe nie, maar ook dié wat na hulself as khoi-khoi, khoi of Khoisan verwys. Dis tyd om historiese, linguistieke, geografiese, religieuse en antropologiese getuienis te lewer wat die aansprake kan bevestig, of andersom. Niemand kan ontken dat die Hottentotte (Otentottu of Quena) die oorspronklike eienaars was nie.