Albert Einstein, Hannah Arendt en ’n groep bekommerde en betrokke Joodse denkers het al in 1948, met die Shoah nog vars in die geheue, gewaarsku teen die Herrenvolk-gesindheid en optrede van die nuwe Joodse staat, en selfs beweer dat daar van Nazi-metodes gebruik gemaak word.
Intussen het dit net erger geword.
Israel is gebaseer op rassisme en grypsug.
En soos Afrikaners in Suid-Afrika in die nabye toekoms dalk ook, is Palestyne met die Israelse stewel op die nek nie veronderstel om te mag protesteer nie.