Share

Jan Smuts was nie veel werd vir Boere

Ek skryf na aanleiding van die artikel “Britte leer ’n dure les by Boere” deur Al J Venter in verlede week se Weekliks.

Venter verdien die wêreld se respek as navorser en skrywer en van sy dokumentêre rolprente is uitstekend.

Niemand kan stry oor die inisiatiewe van die Boeregeneraals tydens die Anglo-Boereoorlog (ABO) nie. Tog voel ek Venter slaan die bal ver mis met Jan Smuts.

Deneys Reitz hemel hom op in sy boekie, maar daar bestaan nie werklik groot dade rakende Smuts en die ABO nie. Die skrywer noem ook nie werklik wat presies Smuts juis sou bydra wat ’n les vir die Britte kon wees nie. Dat hy wel meer vir die Britse empire beteken het as vir die Afrikaner-volk, is nie te betwyfel nie.

Hy’t glo ook tydens die vredesamesprekinge in Vereeniging aan genls. De Wet en De la Rey belowe dat die Boere by die eerste geleentheid hul vrye republiek sou terugvat van die Britte.

Daardie geleentheid het in 1914 gekom toe Smuts Louis Botha se adjunk-premier en minister van verdediging was. Maar Smuts het gesorg dat die Boere teen Duitsland gaan veg, aan die kant van die vyand van 12 jaar tevore.

Die Boere wat daarteen gerebelleer het, het hy met geweld verdruk en het selfs die 60-jarige genl. Christiaan de Wet in die Fort laat opsluit.

Die dood van genl. De la Rey word as ’n ongeluk beskou, maar dié van Jopie Fourie kon Smuts gekeer het.

Genl. Koos de la Rey, vader van die loopgraaf-gevegsmetode by Magersfontein, se naam word nie genoem nie.

Ek sê maar net: Jan Smuts het vir die Boere nie veel beteken nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 186 votes
No! It's time to move on ...
36% - 104 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+1.2%
Rand - Pound
23.75
+0.9%
Rand - Euro
20.36
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.3%
Platinum
914.70
+0.3%
Palladium
1,006.00
+0.1%
Gold
2,325.56
+0.4%
Silver
27.36
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,507
-0.1%
All Share
74,460
-0.1%
Resource 10
61,629
+2.0%
Industrial 25
103,005
-1.0%
Financial 15
15,847
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE