Bokkie Gerber sit die pot deeglik mis dat Kevin de Klerk die eerste Springbok-plaasvervanger was (“Dis die punt”, 7 September).
Die eerste was Piet Uys op 2 Augustus 1969 toe hy Dawie de Villiers vervang het.
Bokkie sê ook Matfield en Du Preez is die enigste spelers wat in een jaar vier keer teen die All Blacks kon wen.
Snert: In 1949 het ons ál vier toetse gewen en verskeie Bokke het in al die toetse gespeel. Hannes Brewis, Cecil Moss, Jorrie Jordaan, Hennie Muller, Tjol Lategan en Okey Geffin is ’n paar wat ek kan onthou.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.