Evolusie is ’n aaneenlopende proses, nie iets wat lank gelede gebeur het nie.
Dis iets wat die leser daagliks waarneem.
Evolusie begin altyd by die bevrugte eiersel wat ’n mengsel gene van albei ouers bevat en waar sekere gene ander domineer.
Daarom lyk kinders nooit presies soos hulle ouers nie, iets wat as mutasies bekend staan.
Indien klein groepies mense geografies geïsoleer raak, sorg inteling en mutasies dat groepies eners begin lyk.
Vergelyk byvoorbeeld ’n swart pigmee, ’n blonde Sweed en iemand uit Mongolië.
Alle organismes, plante en diersoorte het gemeenskaplike voorouers gehad.
Soogdiere soos mense, ape, vlermuise, jakkalse, ens. se uiterlike voorkoms mag verskil, maar binnegoed, senuweestelsels, bloedsomloop, skelette en dies meer stem ooreen. In ons land het daar byvoorbeeld 15 spesies duiwe spontaan uit een voorouer ontstaan.
Alles wat lewe, mense inkluis, word uit selle saamgestel wat bestaan uit suurstof, waterstof, stikstof en koolstof, plus klein hoeveelhede van ander.
’n Sel bestaan basies uit 18 hoofkomponente waarvan 12 gemeenskaplik is, drie kom net by plante voor en drie net by diere. Dit bewys dat hulle ’n gemeenskaplike voorouer gehad het.
Selfs die vroulike/manlike verwantskap het voor die skeiding tussen plante en diere reeds bestaan.
Ons is dus nie net ape se familie nie, ons is ook verlangs familie van visse in die see en van blomme in die veld...